Thursday, January 29, 2009

Agt wen wenke

Soos n rekenaar geprogrammeer word deur die regte sleutels te druk, net so kan ons onself positief instel deur positiewe riglyne in ons lewe in te sleutel. Hoe meer ons hierdie "goeie sleutels" druk, hoe makliker sal dit wees om probleme te hanteer en soos oorwinnaars te lewe:

* Aanvaar ander mense en die lewe soos hulle is. Slegs wanneer jy mense met foute en al aanvaar, sal jy dit dalk kan regkry om hulle ten goede te beinvloed.
* Moenie ander vir jou probleme blameer nie. God werk met vergifnis maar die duiwel werk met skuld.
* Wees tevrede met wat jy het, en probeer dan om meer te kry - in plaas van om die volgorde om te keer. As jy gelukkig is met wat jy het, sal jy ook gelukkig wees met wat jy kry.
* Raak opgewonde oor die spel van die lewe. Geniet dit om geblok, gekeer en selfs getref te word - dit is alles deel van die spel. Leer om die spel te geniet, ook wanneer jy as die verloorder uit die stryd tree.
* Moenie meer probeer doen as wat jy kan nie.
* Moenie dat die verlede jou bly kelder nie. Vra God om jou vir jou sondes en foute van die verlede te vergewe; haal dan uit jou verlede net wat goed is, en vergeet die res.
* Bring jou onoplosbare probleme na God toe - en los hulle daar by hom. Hy kan die onmoontlike doen!
* Onthou die pretsleutel. Ons het almal rus nodig. Moenie skuldig voel as jy speel nie - geniet jou werk en jou aftye. Neem vakasie; kortes en langes.

9 comments:

  1. Sulke waar woorde Nimsi!

    Hoe baie keer vergeet ek net nie hierdie ene nie....* Bring jou onoplosbare probleme na God toe - en los hulle daar by hom. Hy kan die onmoontlike doen!* en wil dit self doen!

    ReplyDelete
  2. Hello Zee,
    sukkel self daagliks met daardie enetjie hoor.
    Dankie vir jou inloer.
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Dankie vir hierdie lekker inspirerende inskrywing!

    Lekker naweek vir jou Nimsi!

    ReplyDelete
  4. Hello Thea,
    dankie vir jou kuiertjie, lekker naweek vir julle ook Thea, behoorlik nat hier in Krugersdorp,
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Hallo Nimsi,
    Hoe waar!
    Geniet die naweek

    ReplyDelete
  6. Ons het tog sooo baie werk aan onsself, né!

    ReplyDelete
  7. Hello Oom Petrus,
    dnkie en n lekker naweek vir julle ook.
    Nimsi

    ReplyDelete
  8. Hello mariki,
    Inderdaad vriendin!
    Nimsi

    ReplyDelete
  9. Alles so baie waar Nimsi.

    Geniet die bietjie naweek wat nog oor is.

    ReplyDelete