Wednesday, March 25, 2009

Eenvoud...

Eenvoud in lewenstyl beteken nie eenvoudigheid in die sin van goedkoopheid en swak smaak of slordigheid nie!
Veel eerder is dit nederigheid, beskeidenheid, opregtheid en respek teenoor die wyse waarop mens jou lewe organiseer, inrig en uitleef!
Dit vra dus intelligensie, n spesiale benadering tot die lewe en dus n besondere MANIER van dink en optree!
Daarmee saam die noodsaaklike en onvermydelike... Goeie Smaak!
En gelukkig tog dat smaak verskil, want daarsonder sou die wereld darem n saai plek gewees het om in te woon.
Gelukkig ook dat n mens nie voorgeskrewe reels kan neerle as dit by mense, hulle behoeftes en hulle lewenstyl kom nie.

In sommige huise waar ek al gekuier het, is al die pragtige en duur dinge, maar die atmosfeer is koud, en dit se niks oor die persoonlikhede wat daarin woon nie!
Ander huise, soos myne, vertoon weer minder welvaart in die materiele sin, maar voordat mens die bewoners ontmoet, word n warmte en goeie smaak aangevoel...
Dinge in so n huis trek mense omdat dit betekenis het, en jy voel asof jy dit van nader wil betrag... Jy wil daarby kuier...

*Henry W. Longfellow het gese:
In character, in manners, in style, in all things the supreme exellence is simplicity

7 comments:

  1. Hi Nims, ek weet nie hoe jou huis lyk nie, maar wat van binne jou kom is inderdaad mooi en getuig van intelligensie en goeie smaak... jy is baie reg hieroor. Die spreekwoord se mos "vere maak nie die voel nie" en ekskuus vir die gebrek aan leestekens. My laptop kan nie.

    ReplyDelete
  2. Dis baie waar wat jy hier sê Nimsi! 'n Mens voel sommer dadelik aan as jy in iemand se huis instap of daar 'n warmte is of nie.

    ReplyDelete
  3. Hello Tan Naomi
    Ons almal se mos altyd: jou stoele het gom aan, as n mens eers gaan sit het, staan jy baie moeilik op...
    Ina

    ReplyDelete
  4. In die kol Nimsie. 'n Huislike huis of dit nou met eenvoud of duurgoed is, kuier die lekkerste.

    ReplyDelete
  5. (((Dankie julle)))
    Moet asseblief nie my inskrywing verkeerd verstaan nie... ek het al in huise met die mooiste mooi goed gekuier, en lekker gekuier... omdat die mense binne in die huis ook mooi is! Ek is in my vorige inskrywing aangeval oor armmoede en daarom hierdie inskrywing.
    Liefde vir julle
    Nimsi

    ReplyDelete
  6. Ag ek gee nie om waar ek kuier nie solank ek tuis voel en die geselskap aangenaam is het ek feeste!!

    My ouma het altyd gesê armoede is nie 'n skande nie, dis die dinge wat mense doen en sê wat skande is.

    Nimsi die woord armoede beteken eindelik vir my "armoede aan karakter"

    Liefde vir jou mooi vrou
    x x

    ReplyDelete
  7. Muriel, slaat jy nou daai spyker bo-op sy kop vriendin!
    Love u
    Nimsi

    ReplyDelete