Monday, March 23, 2009

Niks te klein...

Ons hoor dikwels mense se niks is te groot vir God om te doen nie.
Dit is sekerlik so...
Maar ek sal graag wil byvoeg dat niks te klein is vir ons om na hom te bring nie...

Saterdag moes ek die oom werk toe vat want ek het die kar nodig gehad, oppad na sy werk toe, sien ek n klein voeltjie hulpeloos op die sypaadjie fladder. Ons was laat en kon nie stop nie...
Ek stuur dadelik n skietgebedjie op dat iemand die voeltjie sal help. n Jongman het op die sypaadjie gedraf. Ek het in my truspieeltjie gesien hoe hy die voeltjie raak sien, stop, nader gaan en die voeltjie sagkens in sy groot hande optel!

"Dis hoe dinge met God werk" het ek gedink...
Ons behoeftes is nooit te onbenullig vir Hom nie!

10 comments:

  1. So waar Nimsi. As ons net wil besef dat ons vir elke liewe dingetjie na Hom toe kan gaan en nie self besluit wat is ernstig genoeg nie.

    ReplyDelete
  2. Hallo Sandra, en hoe skuldig is ek nie aan daardie "self besluit" nie!
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Ek hou jou blog al lankal dop en is dit vir my opvallend dat na jou handsak inskrywing niemand meer hier kuier nie... dit bewys maar net weer dat ek nog altyd reg was... armoede is vir niemand aanvaarbaar nie! Jy kan hierdie een ook uitvee, maar ek weet dat jy dit eers moet lees en dat jy weet dit is die waarheid.
    xxx

    ReplyDelete
  4. Jammer ek was so lanklaas hier Nims. Maar jy weet mos alreeds dat Wip se kop bietjie deurmekaar is op die oomblik!!! Solank ons darem met e pos kontak hou is alles reg!!!

    Dis waar "Ons behoeftes is nooit onbenullig vir Hom nie"

    Ek weet dis veilig om die volgende kommentaar hier by jou te plaas:

    Nimsi God werk op misterieuse wyses, en Hy het besluit om iemand vir my te stuur wat my beter gaan laat verstaan. Ek is natuurlik nog baie balhorig en wil nie alles vir soetkoek op eet nie. Maar dit sink in. Een van die dae, gaan Wipneus evolve! Baie dinge maak nou meer sin vir my.
    Ek sal altyd met my kop in die maan en sterre wees, maar ek sal baie dinge nou beter verstaan.

    Lekker dag!!!!

    ReplyDelete
  5. Anonymous ek weet nie wie jy is nie. Maar weet jy ek wonder tog of jou kommentaar nie bietjie kras is nie!
    Hoe bedoel jy armoede is nie aanvaarbaar nie? Is armoede dan 'n keuse? Wat moet mens doen om armoede te verbeter?

    Ek verstaan absoluut niks van jou kommentaar nie!!! En ek sê dit op 'n baie mooi manier. Ek is effens deurmekaar hier.

    Jy sê: "niemand meer hier kuier nie"
    Laas toe ek gekyk het was ek nog 'n mens en van my beste vriendinne (in die regte lewe) hang hier by Nimsi uit want weet jy ons kyk nie na hoeveel geld iemand het nie. Dis wat binne in die hart is wat saak maak.

    Ek is jammer as jy dalk sou voel ek val jou aan, dis nie my bedoeling nie. Maar ek kon ook nie stil bly nie, want ek is baie lief vir Nimsi en dink sy is 'n baie spesiale vrou met goeie kwaliteite!

    Jammer Nimsi!
    Liefde

    ReplyDelete
  6. Muriel,Jy is meer as welkom vriendin! Want om minder as ander mense te besit het nog nooit vir my as mens bteken ek is armmoedig nie!Inteendeel... ek is skatryk aan blessings... Ek kan met R20.00 se maalvleis iets lekkers aanmekaarslaan om te eet, ek het ware vriende , sommige kom al so lank as 28jaar saam met my, n fantastiese kind en n knorrige ou man! Nou vra ek jou vriendin... is dit nou nie ryk-skatryk nie!!!
    Nimsi

    ReplyDelete
  7. (((((((Skatryk Nimsi)))))))

    Rykdom kan môre van jou weggeneem word. Mens kan vandag bo wees en môre op jou alie plat op die vloer beland. Sonder kos,klere, blyplek ens .... dan bly net jy oor... met die rykdom in jou hart!

    Mens moet maar versigtig, die lewe is nie vir sissies nie. Ek sien elke dag hoe mense vou, die ekonomie lyk sleg! Vandag bo - môre onder

    Jy is baie gelukkig om so fantastiese seun en knorrige liefie te hê. Jou grootste rykdom. Dis vir my ook so, my diamante, ruby's en duurste edelgesteentes is my man, kinders en vriende wat vir my lief is.

    Ek is skatryk!!! Jy ook!!!!
    Liefde

    ReplyDelete
  8. En ek kan maar net amen sê op alles wat Muriel hierbo gesê het. Ek dink die persoon wat hierbo kommentaar gelewer het, loop dalk met 'n chip op die skouer rond. Skuus ek ook my eiertjie daaroor lê Nimsi, maar ek dink dis bietjie ongevoelig van die persoon om so 'n "statement" te maak!

    Ek sou nog steeds 'n baie gelukkige persoon gewees het al het ek in 'n "shack" gebly. Geluk kom van binne!

    ((((Nimsi))))

    ReplyDelete
  9. (((Thea)))
    Dit is so waar Thea! Dankie ook aan jou vir al jou drukkies hier.
    Mooi naweek
    Nimsi

    ReplyDelete