Wednesday, March 11, 2009

Lip Ice


Charmaine en Thea het gevra vir hierdie reseppie.

Ek het so 12jaar gelede hierdie reseppie by my vriendin Maggie se ma, Tannie Ria Seaward van Vaalpark sasolburg gekry.
Omdat ek regtig nie sonder Lip Ice kan leef nie was ek baie baie bly toe sy vir my haar reseppie gegee het.
Tannie Ria gebruik byewas in haar resep maar ek het vreeslik gesukkel met koorsblare toe ek die byewas gebruik het en toe maar oorgeslaan na kerswas

Ek gebruik n ou staal melkbekertjie om alles in warm te maak op die stoof.

1 Kers in 3 gelyke dele verdeel.
1 deel van hierdie kers fyn gesny
3 eetlepels vaseline
1 buisie Libello
Smelt oor stadige hitte op stoofplaat (mikrogolf brand die mengsel)

Ek het maar altyd n paar ou lip ice buisies byderhand
gooi die mengsel warm in die buisies
Laat stol en gebruik net soos winkel lip ice.

As ek lus is vir n kleurtjie sny ek so klontjie van n rooi kers by my mengsel dan het ek "pienk" lip ice.
Jy kan die basis van die mengsel sagter maak deur bloot jou hoeveelhede vaseline aan te pas, dan is dit meer smeerbaar ek persoonlik hou van n stywerige lip ice.

Sagte Lippies vir julle almal...

9 comments:

  1. Nou toe nou :-). Jy gooi die mengsel in ou lipice houers? Hoe verre dink jy, sal dit die hitte hier kan staan Nimsi?

    ReplyDelete
  2. Hello Sandra,
    Ek is nou nie so seker van die hitte daar by julle nie, ek sal voorstel dat jy dan liefs n bietjie meer kers of bye was en net n halwe buisie libello bysit. My vriendin maak hare altyd effe sagter want sy het vir haar n baie oulike blikkie aangeskaf en smeer dan sommer met die vinger aan. Ek verkies die lipice buisies en algar maak maar vir my bymekaar.
    Probeer gerus, na my mening is daar geen verskil tussen die gekoopte en tuisgemaakte nie.
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Ek gaan beslis hierdie mengsel probeer! Ek is mal oor lipice, dink jy as ek bietjie meer vaseline insit, dit daardie wetlook ding sal doen?

    Jou handsak lyk al te spoggerig hoor!

    ReplyDelete
  4. Dis baie oulik Nimsi! Ek onthou hoe ek in my jonger dae allerhande goed gemeng het vir gesigmaskers! :-)

    Ek het ook al na resepte geloer om seep te maak maar nog nooit sover gekom om dit te maak nie.

    ReplyDelete
  5. Zee,gompies vriendin nou vra jy my vas... kyk of jy kan rondspeel met die basiese resep ek nog nooit probeer. x

    Thea, ek en tweelingsus ook altyd sulke "home-made" goed probeer, tot ek een vrydag aand haar hare met "daardie rooi goed wat jy op wonde sit" gekleur het...

    Nimsi

    ReplyDelete
  6. Baie dankie Nims. Ek gaan dit beslis probeer. Lekker geskenkies maar ek sal dit in Klein flessies sit. Kerswas....wie sou dit nou kon dink :-)

    ReplyDelete
  7. Hello charmain,
    Probeer gerus!
    Nimsi

    ReplyDelete
  8. Wow dankie Nimsi ek gaan dit vandag maak!! Ek sukkel erg met droƫ lippe!

    Lekker naweek!

    ReplyDelete