Wednesday, March 18, 2009

Hoe gaan dit met jou?

Hoe gaan dit met jou?
Nee, dit gaan goed dankie, en met jou?
So begin bykans elke ontmoeting, elke gesprek-
Wat my dan veral opval, is die dikwels negatiewe nee vooraan die antwoord...
Soms ondervind n mens dat iemand sal se; "Dit gaan goed" - wanneer enigeen kan sien dat die persoon siek of arm of ellendig of bekommerd of sommer glad nie lekker is nie.

Dan weer diegene wat inderdaad nogal goed lyk, met wie dit kan goed gaan. Wat goeie gesondheid geniet, geen gebrek ken nie, beklee n interessante, stimulerende betrekking, het gesonde kinders, n mooi gesin en huis, gaan goed geklee. Het nog nie n ouer, n lewensmaat of kind aan die dood moes afstaan nie...
Maar tog is daar dinge wat veroorsaak dat dit met die mense nie so "goed" gaan as wat hy/sy aan die wereld moet voorgee nie!

Die mens het natuurlike skokbrekers teen die groot leed van dood, egskeiding, ontrouheid in al sy vorms, ongelukke en al die ekonomiese en liggaamlike breuke wat oor n uitgerekte tydperk of in n oogwenk kan gebeur...
Daar is egter ook so iets soos onnodige leed, wat soos n vuur nie slegs binnetoe verteer nie, maar wyd om hom skroei en alles naby kan doodbrand...
Agter n "Dit gaan goed" kan n man of vrou skuil, wat diep en by herhaling beledig en verwond word deur n geliefde wat ly aan n humeur wat gedurig opvlam - met of sonder rede...
Of iemand wat die swaar kruis van n ontroue metgesel al jare lank saamdra...
Of n ouer wat wonder waar sy kind dan tog die spoor byster geraak het, waar hy/sy as ouer gefaal het...
Daar is die soort leed wat nooit met ander bespreek word nie, maar wat n geleidelike sloot in n lewe kan uitkalwe...

Dan is daar die Gewer wat al die leed, hoe verborge en uitgesproke ook al, uit die weg kan ruim, kan verander, sodat n onbevange, opregte antwoord moontlik is:-
Dit gaan goed, werklik goed!

6 comments:

  1. Die jongmense het net die naweek gese dat mens partykeer kan se dit gaan sleg sonder dat iemand daarop reageer - juis omdat ons nie regtig se hoe ons voel nie en omdat mense nie meer vir mekaar luister nie. (Darem nie almal nie)

    ReplyDelete
  2. Dankie Nimsi dit gaan met my baie goed. :-) Dankie vir jou pragtige e posse en mooi inskrywings!! Danksy my fantastiese blogmaats vlieg ek weer! x x

    ReplyDelete
  3. Hello Sandra, ja dit is so waar! So asof almal deesdae met n masker rondloop! Hoop julle kamp was geseend en nie te warm!
    Nimsi


    ((((Muriel))) het so vir jou gebid vriendin! So baie bly dit gaan goed!
    Nimsi

    ReplyDelete
  4. Een van my vriendinne se antwoord op "hoe gaan dit met jou" was dikwels, "het jy tyd?" 'n ander vriendin se standaaard antwoord is... ok dankie en dan weet mens dis alles behalwe, maar ja, soms se mens dit gaan goed dankie, want dan is daar nie meer vrae nie. Hoe gaan dit met jou Nims?

    ReplyDelete
  5. (((Charmaine))) Baie dankie vriendin, dit gaan goed met my! Die Vader is vir ons so goed!
    Nimsi

    ReplyDelete
  6. Ek is so skuldig aan die.... Dit gaan goed, maar tog later in die gesprek is die "maar" tog teenwoordig.

    ReplyDelete