Wednesday, March 4, 2009

Soms wonder mens...

...waar kom vrouens vandaan?
Verder het die Here God gese: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke". Genisis 2:18

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy, vrou, die hoogtepunt van God se skeppingswerk is? Jy is heel aan die einde geskape omdat jy die kroon van die skepping is! Nadat God alles geskep het, was daar steeds iets baie belangriks weg. Iets was net nie heeltemal reg nie. Die wese en werklikheid van die hart van n vrou het nog ontbreek!

En deur al die eeue het niks verander nie. Wanneer die vrou nie daar is nie, is daar n groot leemte. Sonder die dierbare hande van die vrou, is die mensdom arm aan sorg, sonder haar begripvolle ore, is woorde stom, sonder haar alles - sien - oe, tas die wereld soos blindes rond en sonder haar sagte hart is hierdie wereld n klipsteenharde plek!
Want vroue laat die aarde draai. Dis hulle wat meer as net lee mae vul, hulle liefde maak mense se harte vol. Hulle opregte "hoe-gaan-dit?" laat mense beter voel, hulle ek-is-lief-vir-jou-glimlagte laat probleme wegsmelt en hul geloof in more, gee aan die mensdom hoop!

Ja, sonder jou vrou, soek ander die heeltyd na n vermiste skakel. Wanneer jy nie by die huis is nie, is jou gesin se blyplek koud, as jy nie daar vir jou kinders is nie kan hulle nie oorleef nie, as jy afwesig is in die mense rondom jou se lewens, is hulle soekend!
En omdat jy Jesus se hande en voete is wat hierdie aarde laat beweeg, is dit n lewelose plek sonder jou.

Besef vandag dat jy, dierbare vrou, die kroon van die skepping, geskape is omdat jy gekies is om met jou vrouwees aan hierdie wereld lig te gee. sonder jou gaan hierdie wereld mank aan die ware wese van die liefde.
Net jy kan met jou vrouwees-eienskappe die verskil maak aan die harte van die mense in jou lewe.
Geniet jou vrouwees, dit wat-niemand-anders-kan-wees-nie, met (vroulike) oorgawe en passie!

Tot U diens skepper - God,
dankie vir die grootsheid van U skeppingswonder!
Dankie veral dat U my, vrou, so besonders gemaak het;
dat ek U kroonkind is!
help my om elke dag te onthou dat U mu mop n spesiale manier in die lewens van ander wil gebruik.
Laat my vrouwees U altyd tot eer wees.

4 comments:

  1. Ek is baie tuis met my vrouwees, en besef, soos jy tereg sĂȘ, dat dit 'n besondere Godgegewenheid is. Hoera vir alle toegewyde mammas en vroue!

    ReplyDelete
  2. Ken jy Rob Bell se Nooma reeks? Kyk bietjie na 21 "She" :-). Baie dankie vir die inskrywing

    ReplyDelete
  3. Pragtige inskrywing!!!

    En ek is mal oor vrouwees!

    ReplyDelete
  4. Ek mis so uit op die blogs, so bly ek het hierdie inskrywing raakgelees. Ek bid ook dat ons ons geseende rol as vrouens sal uitleef tot eer van Sy wonderlike naam.

    ReplyDelete