Tuesday, May 5, 2009

Hoekom altyd eers baklei?



Sukkel ek nou al drie weke met die agente waar ons die woonstel huur om die buiteligte te stel sodat dit 20 oor 5 vyf soggens as Willie ry nog moet brand.
Die sinkronisasie van die skakelaar wat die buiteligte aan en af skakel is uit, en moet Willie elke oggend sy pad by die trappe af voel. Dit is dan ook nag donker in die parkeer area en sukkel die ou maar met sy selfoon se liggie om die kar aan die gang te kry...

Eerste keer praat ek met die eienaar van die gebou self... verduidelik die probleem en vra of hy nie ASSEBLIEF die skakelaar kan regstel nie? Met n bree glimlag belowe hy om dit nog dieselfde dag te doen!
Die kragboks met die skakelaar sit buite die gebou maar is met 2 slotte gesluit en n kennisgewing op wat verduidelik dat die sleutel in die eienaar se besit is, en daarom is dit vir my nodig om te gaan vra dat dit gedoen moet word.
So gaan nog n donker week verby, en ek bel hierdie keer die agente, verduidelik weer die probleem aan die meisie wat die woonstel aan ons verhuur het, vra weer ASSEBLIEF kan daar iets aan gedoen word?
Sy belowe om te sorg dat dit nog dieselfde dag aandag geniet!

Na nog n donker week, gly ek verlede woensdag oggend op die donker trappe, val my linkerkantste ribbes regterkant toe en my regterkantste ribbes linkerkant toe. Ek val nie die trappe af nie... ek val die trappe op!
Die buurman reg bo my, help my met vreeslik baie simpatie tot by my woonstel, bel net daar en dan die eienaar op sy persoonlike nommer en waarsku hy beter ver gaan wegkruip vir die oom in nommer 4 want die "antie" het geval op die donker trap...
Willie bel die eienaar persoonlik en kry n belofte van hom dat die ligte onmiddelik aandag sal geniet...
Die hele naweek loop ek met seer kniee en stywe boudspiere rond oor die val...

Ek baklei nie graag nie! Ek glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Ek probeer so ver dit vir my menslik moontlik is, konflik vermy... want as ek eers begin baklei het, dan is daar gewoonlik nie n einde aan my nie... dan noem my man en seun my... die "PERS HEKS"

Maar omdat ek geen ander keuse gelaat is nie... moes ek toe maar vanmore my "pers heks" pakkie aantrek en oorstap na die agente se kantore toe...
En so gebeur dit toe nou dat die eienaar van die gebou saam met n pers heks stap om die ligte onder haar wakende oog te gaan regstel!!!

Nadat die pers heks in my na vore gekom het, voel ek altyd; siek - sleg - ontevrede met myself!
Kyk ek glo dat misverstande die grootste rede is hoekom mense met mekaar baklei...
KON EK HIERDIE MENSE MOONTLIK OP ENIGE MANIER MISVERSTAAN HET?

10 comments:

  1. Ai Nims, ek is bly die val het net stywe spiere tot gevolg gehad en dat dit nie ernstiger is nie. Mense maak so maklik beloftes wat hulle nie nakom nie. En kan ek nie indetifiseer met die pers heks sindroom nie. Daar is een in my ook. En dan voel ek net so bitter sleg agterna. Dalk het hulle nou 'n les daaruit geleer. Hulle moet sleg voel. Nie jy nie.

    ReplyDelete
  2. Dan is ons almal pers hekse hier in Abu Dhabi. Mense moet ook maar leer dat daar dienste is wat gelewer moet word Nimsi en ons wat daarvoor betaal is geregtig daarop.

    ReplyDelete
  3. Charmaine en Sandra
    Gelukkig het ek nie met die afgaan gegly nie maar met die opkom slag.
    Hierdie was nou n bitter onnodige pers heks oggend - ek het 3weke lank gevra...
    Willie was heeltemal bereid en in staat om die ligte self te stel, maar die eienaar klou soos n drengkeling aan die sleutels vas!

    ReplyDelete
  4. Hallo Nimsi,
    'n Mens wonder hoekom dinge nie gedoen word nie, nie totdat jy jou speelgoed uit die kot uitgooi nie. Eers dan spring mense op en af om hulle werk te verrig
    Groete

    ReplyDelete
  5. Ek haat dit ook as die pers heks in my na vore kom maar mens raak soms so gefrustreerd dat jy jouself net nie meer in toom kán of wil hou nie.

    Ek was ook vanoggend reg vir baklei met ons water & ligte afdeling en het toe 'n baie aangename verrassing gehad toe my probleem binne 10 minute uitgesorteer is. My geluksgodin het geweet hierdie vrou het baie werk om te doen en het nie tyd vir nonsens vandag nie! :-)

    ReplyDelete
  6. Oom Petrus
    en het ek nou vanmore poppe rondgegooi!

    Thea
    ek dink die arme man gaan koes as hy my weer sien!

    ReplyDelete
  7. Hello Nimsi,

    Sal jy asb vir my e pos stuur ek wil graag weet hoe dit met Oom Petrus gaan? Dankie

    My minora blade in my mond is deesdae heeltyd skerp!! Regtig mens kry niks meer gedoen sonder 'n baklei nie. Dis eindelik aaklig!! Dis asof mens se mond heeltyd op standby moet wees vir baklei!!

    Ek wil juis nou nou gaan uitfreak op my blog oor ons stadsraad. Maar ek kyk eers of dit nie gaan help as ek tot 10 tel nie!!

    Bye bye pers heks!! wahahahahaha

    ReplyDelete
  8. Hello Muriel
    sal jou n e-pos stuur oor oom Petrus se vordering, baie dankie vir jou navraag en belangstelling.

    ReplyDelete
  9. Nimsi, ek dink dat ons almal maar 'n pers heksie het wat ne lê en wag vir die regte oomblik om aan te breek... Partykeer is dit maar nodig :)

    Ek lees nou van oom Petrus, hoe gaan dit nou met hom?

    ReplyDelete
  10. Hallo Zee
    Ek het vanoggend met oom Petrus gepraat en hy se daar is tog n verbetering, dansy almal se gebede.
    Baie dankie vir jou navraag!

    ReplyDelete