Tuesday, May 26, 2009

Kweek goeie verhoudinge.

Goue appels wat in Silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd -
Spreuke 25:11

Die meeste teedrinkers kan hulle nie voorstel dat jy ordentlike tee maak wanneer jy sommer n teesakkie in n koppie met warm water sit nie.
Wanneer jy die beste koppie tee wil geniet, is daar n hele paar reels wat nagekom moet word.
Net soos wat dit tyd en aandag verg om goeie tee te maak, is daar tyd en aandag nodig om goeie verhoudings te kweek.

Daar is 10 maniere om die Liefde van Jesus aan ander te toon - die resep waarborg dat net die beste "aroma" in elke persoon na vore gebring sal word:

Die Resep:
*
Praat met mense. Daar is niks so welkom as n vriendelike groet nie.
* Glimlag met mense, 72 spiere is nodig om te frons en net 14 vir n glimlag.
* Noem mense op hul naam. Jou eie naam klink altyd die mooiste.
* Wees vriendelik en hulpvaardig.
* Wees hartlik. Praat en tree op asof alles wat jy doen vir jou n plesier is.
* Wees opreg geiteresseerd in mense.
* Wees vrygewig met jou jou lof, maar suinig met met jou kritiek.
* Neem ander se gevoellens in ag. Dit sal wardeer word.
* Wees bedagsaam wat die menings van ander betref.
* Wees bedag daarop om te dien, dit wat jy vir ander mense doen is die belangrikste in jou lewe.

Hoewel hierdie dinge tyd verg is daardie ekstra opoffering beslis die moeite werd. Net soos die tyd wat gebruik word om daardie pot tee nog nader aan volmaak te kry, die moeite werd is...

10 comments:

  1. Hallo Nimsi
    Hierdie resep is iets om te onthou, en te gebruik.
    Groete

    ReplyDelete
  2. Dis waar: goeie verhoudings verg 'n bietjie meer moeite, maar dis sooo lekker. Ek het 'n probleempie met die "op hul naam noem". Ek het 'n paar maande gelede 'n vrou by die gym ontmoet en ons gesels na aerobics so 'n bietjie - name gevra en so aan. Ek noem haar Louise - ek's redelik seker dis wat sy gese het. Sy het my lank niks genoem nie, maar deesdae is ek "Bea"... ek was sedertdien nog elke keer haastig en kon nog nie vir haar se ek is eintlik miekie en nie Bea nie... en hoe langer ek wag hoe simpelder gaan dit word. Moet haar net more reghelp. Sy noem dalk iemand anders Miekie. In alle geval dis lekker om iemand te he wat geinteresseerd is in my en Tammy (my leerder) se doen en late - of die naam reg is of nie.
    Ek kla nou die dag by Jan oor die onbeskoftheid van die Rayton munisipaliteit se amptenare... Jan se hy nee wat hy ondervind dit nie: hy praat Zulu met hulle en dan verander hulle houding onmiddellik. Miskien kan mense aanspreek in hulle moedertaal deel van die verhoudingsresep word. Ek wens net ek het daardie Zulu bestanddeel in my spens gehad.
    Lekker dag

    ReplyDelete
  3. Ek stem saam Nimsi dis goeie reels as ons net kan onthou om dit gereeld toe te pas

    ReplyDelete
  4. Oom Petrus,
    heel eenvoudige resep maar soms so moeilik om toe te pas!
    Jammer oor die verkeerde inligting gister, maar so is dit die vorige aand aan my deurgegee!

    ReplyDelete
  5. Miekie,
    jy sal haar op n stadium moet reghelp, miskien n mooi inspirerende kaartjie met jou naam onderaan?
    Ek beny vir Jan, my taalkennis behels net Afrikaans en Engels, ek glo hy word soos n koning deur hulle behandel as hy hulle in hul eie taal aanspreek.

    ReplyDelete
  6. mariki,
    ons het n vroutjie in die gebou wat weier om te glimlag... my gesigspiere trek vanself in n glimlag as ek haar sien, maar nee jong... sy weier.

    ReplyDelete
  7. Sandra,
    soos ek se, soms moeilik om toe te pas.
    Hoe gaan dit met die toer?

    ReplyDelete
  8. Wat 'n pragtige inskrywing!! EK gaan dit dadelik uit print en op my yskas plak!!

    Dankie Nims!

    ps: Dankie ook vir my pragtige e pos dit het baie vir my beteken, maar ek is seker jy het dit geweet!

    ReplyDelete
  9. Muriel,
    bly om te sien jy vlieg weer!

    ReplyDelete