Sunday, May 31, 2009

Tweelingsus se drieling...


Hallo almal
Tweelingsus het stilletjies in die geheim aansoek gedoen om n pragtige drieling aan te neem.
Ons het vanoggend gehoor haar aansoek was suksesvol... Ek is so ongelooflik bly en opgewonde vir haar!
Haar lewe gaan sonder twyfel drasties verander, maar ek glo dit sal heeltemal die moeite werd wees...
Omdat Tweelingsus altyd, en deur dik en dun daar is vir my, het ek besluit om haar die eerste paar weke te gaan bystaan. Sy verseker my dit is hoegenaamd nie nodig nie, en dat sy op haar eie sal regkom, maar ek sal altyd voel dat ek haar in die steek gelaat het as ek nie gaan hand bysit nie!
As julle die volgende paar weke nie baie van my hoor nie, weet dat ek en sus besig is... en dat dit goed gaan met ons.

5 comments:

  1. Whahahahaaa ek stoot vir Nimsi saggies uit die pad "ek sal vir skoonsus help dankie"!!!

    ReplyDelete
  2. Nee vrou, ek kan sommer sien jou sussie gaan nooit op haar eie regkom nie!! Ek sal heeltemal verstaan as julle baie besig gaan wees. Geniet dit hoor!! *giggel*

    ReplyDelete
  3. Muriel,
    Is hulle nie te pragtig nie?

    ReplyDelete
  4. (((Thea)))
    Ek is so bly jy verstaan dat ek nie n keuse het nie... ek moet my sus gaan bystaan!

    ReplyDelete
  5. Nimsi jy gaan self besig wees met die nuwe baba, miskien moet iemand anders jou sussie help :-)

    ReplyDelete