Thursday, May 7, 2009

Vir al die Mammas


Die is vir al die mammas wat hulle sterre vries op die metaal paviljoen by die rugby of krieket wedstryd in plaas daarvan om dit van die warmte van die kar sitplek af te kyk sodat as die outjie vra "Het ma dit gesien" dan kan jy antwoord "Maar natuurlik, ek sal dit vir niks in die wereld mis nie" en dit bedoel uit hulle harte uit.
Dit is vir al die mammas wat honger bly sodat hulle kinders kan eet.
Dit is vir al die mammas wat hulle seuns leer kook en hulle dogters leer om n goeie opstopper te gee.
Dit is vir elke moeder wat se kop outomaties draai as hulle n stemmetjie hoor "mamma" se in n winkel al het hulle nie hulle kinders saamgebring nie.
Dit is vir al die mammas wat se kinders nie bereik kan word nie.
Vir al die mammas wat hulle lippe byt tot dit bloei vir die 14jarige wat nou weer haar hare groen gaan kleur het.
Wat maak n goeie Moeder in elk geval?
Is dit geduld?
Is dit deernis?
Is dit die breedte van die heupe?
Is dit die vaardigheid om terselfdetyd n baba te voed, kos te kook en n knoop aan te werk?
Of is dit net eenvoudig haar HART?
Is dit die gevoel om te hardloop en jou kind n drukkie te gaan gee as jy hoor van n brand, n kar ongeluk, of n kind wat sterwend is?
Ouer mammas wat moet leer om te laat gaan.
Werkende mammas en by-die-huis mammas.
Enkel mammas en getroude mammas.
Mammas met geld en mammas sonder geld.
Dit is vir julle almal. Vir ons almal...
"Hang in there"
Op die ou end doen ons die beste na ons vermoe.
Vertel hulle elke dag dat jy lief is vir hulle. Bid elke dag vir hulle.
Vir al die mammas, wat al my pad gekruis het in die lewe...
Gelukkige Moedersdag!

11 comments:

  1. Oulike inskrywing hierdie Nimsi. Ek hoop dat jy ook 'n baie spesiale moedersdag sal he!

    ReplyDelete
  2. En 'n wonderlike moedersdag ook vir jou Nims. Dis 'n baie spesiale inskrywing. Bere dit diep in my hart.

    ReplyDelete
  3. Baie dankie Nimsi!! Baie mooi!

    Hoop jy het 'n baie special moedersdag, maar ek weet jy sal hĂȘ!!
    x x

    ReplyDelete
  4. 'n Baie mooi moedersdag vir jou ook Nimsi!

    ReplyDelete
  5. Baie dankie vir die mooi pos! Baie gelukkige moedersdag vir jou!

    ReplyDelete
  6. Baie dankie vir julle inloer hier! Lekker naweek en mammas vat die dag af Sondag!

    ReplyDelete
  7. Nimsi,ek hoop dat jy 'n wonderlike moedersdag sal beleef Sondag!

    ReplyDelete
  8. Ek hoop jy het ook 'n asemrowende Moedersdag... Lekker naweek Nimsie! ♥

    ReplyDelete
  9. Dankie (((Zee))) jy moet jou dag ook geniet!

    Pikkie maar jy's n fyn meisie met die hartjie! Geniet ook jou dag vriendin!

    Nimsi

    ReplyDelete
  10. Hi Nims ek hoop jy het 'n wonderlike moedersdag gehad!!!

    Liefde
    x x

    ReplyDelete
  11. Hi Muriel,
    heerlik bederf gewees gister!

    Nimsi

    ReplyDelete