Tuesday, May 19, 2009

Vroegoggend Gebed

My dag begin reeds om 5uur soggens, dan val ek nog lekker deur die slaap die kombuis binne. Voor ek nog die ketel aanskakel, sit ek al die ou fm'pie op die yskas aan. Toe ek vanoggend so tussen die koffiekoppies en broodblik vat en los speel hierdie lied van Koos du Plessis... Dit het my opnuut weer so geraak-

Laat my nooit U grondgebied verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees eindelik nietig word vir my
Elke afdraaipaadjie ken ek, elke keer het ek verdwaal, elke keer het U my iewers kom haal- maak dit Heer die laaste maal
Elke dag is net n gedagte, elke kamer net gehuur, elke aardse droom van rykdom en van roem, net n skadu teen die muur
Wat ek is, is net genade, wat ek het is net geleen
Eindelik smag ek na U waters van rus, lei my Heer vandag daarheen!

6 comments:

  1. Nimsi
    ek bid dit vanmore saam met jou.

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsie
    Daar lĂȘ so 'n groot troos en bemoediging in hierdie lied ....elke keer het ek verdwaal, elke keer het U my iewers kom haal........
    Dankie daarvoor Here dat U die hele trop skapies alleen los om daardie een afgedwaalde, ek, te kom haal

    ReplyDelete
  3. Hi Nimsi
    Dis so 'n pragtige lied. Ek het die eerste keer gehoor toe Con Amore se skoolkoor dit gesing het. Dis 'n skool vir verstandelik erg gestremde kinders in Kempton Park. (Ek het 6 jaar lank daar skoolgehou en so baie by die kinders geleer.) Elke keer wat die koor in 'n kerk gesing het, was daar nie 'n droe oog in die gemeente nie.
    Ek stem so saam: "Wat ek het is net genade..." Dit laat my dink aan Psalm 16: 5: Here, U is my lewe... Wat ek ontvang, kom alles van U af. "n Pragtige deel is vir my afgemet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi."
    Mag jy 'n wonderlik geseende dag he! (Die stukkie oor die duiwel en die eend, laat 'n mens dink ne! Ek waardeer jou inskrywings!Baie dankie)

    ReplyDelete
  4. Anneline,
    Dankie.
    Bly jy het eindelik hier uitgekom.

    ReplyDelete
  5. Oom Petrus,
    Baie waar, het my weer getref op hoeveel maniere die Vader met my praat - as ek bereid is om te luister.

    ReplyDelete
  6. Miekie
    Ek wardeer al jou kommentaar.
    Ja, hierdie lied laat n mens nie met droe oe nie...

    ReplyDelete