Sunday, May 3, 2009

Bid asseblief saam met ons.


Omdat ons hier in die blog wereld regtig soos n familie word, mekaar se mense leer ken, mekaar se hartseer en vreugdes deel, waarlik saam lag en huil, het ek vanmore die vrymoedigheid om julle te vra om asseblief saam met ons in gebed te gaan vir Willie se boetie, Johan Lourens van Rustenburg.
In die blog wereld staan hy bekend as Oom Petrus en glo ek die meeste van julle het al n draai gemaak by sy blog, www.parraseblog.blogspot.com.

Ek het ook verlede jaar n stuk op my blog gesit oor sy heup operasie onder die opskrif Heup heup hoera.
Oom Petrus het baie mooi herstel van die heup operasie. Hy het egter nou weer n gesondheids probleem. Hy het Gordelroos in sy gesig gekry en bo-op die gordelroos het hy nou Bell se verlamming gekry. Dit is verlamming van die gesigsenuwee aan die een kant.
Simptome sluit in n mond wat hang, gesigspyn, verlies van smaak en onvermoe om die oog toe te maak.
Hierdie is werklik n pynlike en ongemaklike toestand. Dit is gewoonlik net n tydelike siekte, maar kan tot maande neem om volkome te herstel.
Oom Petrus is ook n diabeet en diabetes is nie n siekte wat enige ander siekte of infeksie in die liggaam duld nie.

Ek vra ook asseblief julle voorbidding vir sy vrou, Elsa - sy het n knieg probleem, en verduur tans ook baie pyn en ongemak.
Omdat skoonsus nou onlangs by n nuwe werk begin het, kan sy nie nou gaan vir n operasie of intensiewe behandeling vir die toestand nie.

Ons het gister by hulle gaan kuier in Rustenburg, en ons altwee is regtig bekommerd oor hulle. Hulle is werklik omgee mense en daarom hierdie versoek van my vir julle voorbidding vir hulle.

In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. 2 Korintiers 1:4

Here, Jesus baie dankie dat U altyd daar is wanneer ons moed min raak. Leer ons om ander mense se seerkry raak te sien en hulle te bemoedig, soos U vir ons bemoedig.
Amen

10 comments:

  1. Ons bid saam met julle vir die hele gesin Nimsi. Vader is getrou!

    ReplyDelete
  2. Dankie dat jy ons laat weet het Nimsi! Natuurlik bid ons! Jan het ook al gordelroos gehad - darem nie in sy gesig nie maar dit was baie pynlik! Oom Petrus en Elsa, ons ken julle nie, maar ons bid vir spoedige herstel en krag en moed om hierdeur te kom! Hy ken Sy kinders en Hy sal julle dra! BAie, baie sterkte en liefde.

    ReplyDelete
  3. Ai Nimsi ek is so jammer om te hoor van Johan! Ja, die kere wat hy by my kommentaar gelewer het en uit sy skrywes het ek opgemerk hy is waarlik 'n omgee mens. Ek sal hom en sy vrou verseker vanaand in my gebede opdra.

    Baie sterkte!
    Hou ons asb op hoogte
    Liefde

    ReplyDelete
  4. Hallo Nimsi,
    Dankie vir julle omgee.
    Liefde aan almal

    ReplyDelete
  5. Ek sal ook vanaand in my gebed aan hulle dink en hoop dat hulle albei spoedig beterskap sal ervaar! Baie sterkte!

    ReplyDelete
  6. Baie dankie vir elkeen van julle se omgee en liefde. Dit is vir ons n groot eer dat julle bereid is om nie net saam te lag en te huil nie, maar ook saam te bid!
    Nimsi

    Oom Petrus,
    Hoop jy is gou weer jou ou self.
    Nimsi

    ReplyDelete
  7. Ek het nie twee dae terug die psooie gesin nie en het sommer nou vir hom gebid. Ek vertrou saam met julle dit sal baie gou opgeklaar en totaal iets van die verlede wees. Ons vertrou ons Groot Pa met die versoek

    ReplyDelete
  8. Dankie Charmaine,
    Hy voel op die oomblik nie te lekker nie, en gaan steeds daagliks in kantoor toe.

    Nimsi

    ReplyDelete
  9. Ek is 29 en is gister ook met gordelroos gediagnoseer. Dit is ook in my gesig en aan die kant van my kop. Ek is baie bekommerd en regtig bang dat dit erger sal word. Bid asb vi my ook.

    ReplyDelete
  10. Annoniem
    Ons bid saam en vir jou. Ons dien n groot God. Sterkte vir jou.

    ReplyDelete