Thursday, May 14, 2009

Woorde


Ek het al n paar keer oor hierdie onderwerp op my blog gesels... en sal seker nog n paar keer in die toekoms daaroor gesels!
Want na my mening sal en kan daar seker nooit genoeg oor hierdie onderwerp gese word nie...

Die Heubreeuse woord vir "woord" is dabar. n Kenner beskryf die betekenis van dabar so: dit wat van iemand uitgaan en waardeur hy homself laat ken...
n Woord is dus iets heel besonders. Dit gee uitdrukking aan wat in jou binneste omgaan, hoe jy is en hoe jy voel. Deur jou woorde openbaar jy iets van jouself aan ander mense. Jou woorde verraai jou dus!

Mense wil soms met hulle woorde mense "maak" - Party mense maak hulle "groot" en ander "klein". Hulle maak party "mooi" en ander "lelik". Party "slim" en ander "dom" party "goed" en ander "sleg". Hulle maak party mense "sterk" met hulle woorde, en ander maak hulle "swak" en "weerloos".

Hoeveel keer gebruik ons woorde om mee seer en stukkend te maak... Om mee sleg te se en dit vir mense nag te maak... om eintlik ander mense mee dood te maak? Wie van ons kan nie nou nog woorde onthou wat seergemaak het nie? En party van die woorde is al 10 of 20 of 30 jaar oud! Maar ons onthou hulle!
Hoeveel keer het woorde nie al tussen mense gekom nie? mense van mekaar af weg gedryf nie?
Hoeveel skelwoorde, vloekwoorde en woorde wat doodmaak hoor ons nie daagliks nie?
En hoeveel van ons smag nie na n paar woorde wat bou en bemoedig, vertroetel en vertroos nie?

Maar ons weet ook hoe ontoereikend meslike woorde kan wees. Soms kan ons nie woorde vind wat werklik uitdrukking gee aan die diepste emosies van ons hart nie... dan voel dit of ons maar net stotter en stamel. Ons kry nie gese wat ons so graag wil se nie...

11 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Jy praat weer 'n waar ding vanoggend.
    Die woorde wat elkeen van ons raak is sekerlik Jesus se woorde "dit is volbring"

    Jou blog is pragtig ge-re-vamp.
    Sterkte daar vir julle vir die dag. Ons ry moreoggend vroeg Swaziland toe.
    Liefde

    ReplyDelete
  2. Weet jy Nimsi, nadat ek vir baie jare toegelaat het dat ander mense se woorde my seermaak en ongelukkig laat voel, het ek uiteindelik met professionele hulp by die punt gekom waar ek dit doodeenvoudig net nie meer toelaat nie. Ek sny mense uit my lewe wat nie goed is vir my nie. Omring jouself met positiewe mense - so sê die kenners, en ek stem 100% daarmee saam.

    Nog iets wat ek met die jare geleer het is om te onderskei wanneer mense sommer net praat en wanneer dit opreg uit die hart kom.

    Ek sal 'n hele opstel hieroor kan skryf en miskien moet ek eendag (dis nou as ek my woorde agtermekaar kan ingespan kry!!) want dit wat jy in jou laaste paragraaf sê is presies die probleem waarmee ek ook sukkel! My man sê altyd daar moet iets wees waarmee mens nie goed is nie (of sukkel) anders het ons dalk op water geloop.

    ReplyDelete
  3. Haai en daar vergeet ek skoon om te sê ek hou van jou nuwe "look"!

    ReplyDelete
  4. Helo Oom Petrus
    Baie dankie! Mooi ry en groete daar in Swaziland!

    ReplyDelete
  5. Thea,
    Ek is my lewe lank uiters sentesief vir woorde! Ook baie versigtig met my woorde.
    Baie dankie my blog nog nie soos ek dit regtig wil he nie, maar ek en jy sal nog gesels/onderhandel daaroor...

    ReplyDelete
  6. Stem so saam met jou! As woorde eers uit is, kan dit nooit weer terug nie ne. 'n Mens kan se "Ek het die nie bedoel nie", maar dan is die skade klaar aangerig. Gelukkig het ons 'n keuse: ons kan kies hoe ons reageer op seermaak of kwaadmaak of blymaak woorde... Met God se hulp kan ons, ons "vyande" vergewe en seen? Laat ons dit doen voor ons 'n leeftyd van onnodige seer en verwyt het. (My ma het eers op 91 jarige ouderdom haar skoonma (toe al lankal oorlede) vergewe en toe eers self tot die besef gekom hoe seer sy self my ouma gemaak het en hoe jammer sy was...)

    ReplyDelete
  7. Miekie
    so waar, met God se genade kan mens woorde vergewe! Maar n mens is mos maar n snaakse ding... soms uit die bloute kom die woorde weer by jou op!

    ReplyDelete
  8. Hi Nims, jou blog lyk pragtig en ja, hierdie inskrywing kan mens teen die kerkdeur vaspyker soos Luther van ouds. Jy weet wat my ook soos 'n vuishou getref het is die krag van woorde wat ons oor en oor in die Bybel lees.... God het alles met woorde geskep... net woorde. Jakobus se mos ons tong is soos 'n klein vuurtjie...

    ReplyDelete
  9. Hallo Charmaine,
    Moes iets doen, dit was baie vaal en vervelig hier gewees.

    As mense wat se tonge so los is maar wil besef dat woorde is eintlik God s'n. Ons kan hulle nie maar gebruik soos ons lekker en lus kry nie.

    Hoop julle hou lekker vakansie. Neem tog asseblief vir my een van die mooi ou kastele in skotland af... in my volgende lewe wil ek graag n prinses in een van daai kastele wees!

    ReplyDelete
  10. Ek is Baie be-indruk. die Blog lyk Great !!!

    ReplyDelete
  11. Hi Manne
    Baie dankie my kind!
    Lief jou en verlang.

    ReplyDelete