Thursday, May 28, 2009

Stop dieremishandeling!

Ons woon nou maar eenmaal in n land wat bekend is vir sy misdaad. Ons praat en kommer immers almal daaroor!

Dis tragies as bejaardes en kinders vermoor word. Maar dit is ook tragies as diere, wat nes bejaardes en kinders nie teen die mens kan opstaan nie, mishandel en vermoor word...

n Hond se kop word lewendig met n kettingsaag afgesaag.
n Hond word agter n motor vasgemaak en gesleep - "om die hond te straf".
n Hond word in n woonbuurt gekry, met n kort toutjie vasgemaak, en daar vir dae sonder kos en water gelos.
In ons plaaslike koerantjie volg ek vir maande die storie van n hond wat deur sy eienaar met suur gegooi is, sy lang pad na herstel - sy lang pad van pyn en ongemak...
Gister se koerantjie berig weer oor n hond wat agter n motor of motorfiets gesleep is. Die vleis van haar agterbeen is afgestroop. Haar maag is tot by die anus met n skerp voorwerp oopgesny...
Watter soort mens doen so iets?
Iemand het eenkeer gese dat as diere n godsdiens kon vorm, hulle die duiwel as n menslike figuur sou uitbeeld!

Ek is oortuig daarvan dat mense wat nie met diere oor die weg kan kom nie, sonder twyfel ook sukkel met menseverhoudinge!
n Ander ding waarvan ek oortuig is, is dat mense wat hulle diere mishandel, hulle kinders ook mishandel!
Ek glo daar is n sterk korrelasie tussen kindermishandeling en dieremishandeling!

10 comments:

  1. Jig, Nimsi, dis allerverskrikliks. Hoe magteloos is mens tog, en dis altyd die weerloses wat moet ly.

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsi,
    Jy weet natuurlik hoe voel ek oor die ding. Daar moet net streng teen sulke mense opgetree word. Miskien moet iets soos die doodstraf vir hulle opgelê word, of ten minste lewenslange tronkstraf.
    Groete

    ReplyDelete
  3. Nimsi, hierdie mense is siek in die kop, miskien moet mens so 'n wet kry, dan wat ookal jy aan diere doen, jou ook aangedoen sal word.
    Ek lees juis vandag by Boskind dat daar weer 'n leeuwelpie dood is as gevolg van iemand se roekelose bestuur..

    ReplyDelete
  4. Miekie
    Amen vriendin Amen


    mariki
    Hierdie tipe van ding laat my in die "donker pers" heks verander.

    Oom Petrus
    Ek bring vir jou die koerantjie.

    Zee
    Ek voel altyd daar word beslis nie genoeg gedoen in so n geval nie.

    ReplyDelete
  5. Hallo Naomi,
    Het gewonder wanneer jy iets oor hierdie onderwerp gaan skryf. Dankie vir al die kere dat jy my diere (honde en pappegaaie) so mooi versorg het terwyl ek oorsee was. Ek mis jou!

    ReplyDelete
  6. Stem saam Nimsi. Een van die redes waarom ek dink kinders moet van kleinsaf leer om met diere saam te lewe en hoe om hulle te hanteer. Myne (dis nou die kinders) het geweet as die kat hul krap of hond hul byt gaan hulle raas kry want hulle het dan iewers nie reg opgetree nie.

    ReplyDelete
  7. Ek stem 100% met jou saam Sandra!

    ReplyDelete
  8. Nimsi hierdie goed maak my vreeslik seer en dan bring dit my donker kant uit!! Ek kan dieremishandeling hanteer nie!! En mense wat nie vir hulle diere kos en water gee nie is ook skuldig hieraan. Selfs honde wat sonder 'n kombersie in sy hok buite slaap (in die koue) val ook hieronder.
    Hulle kan nie praat nie ons as mens moet ons koppe gebruik as ons diere wil aanhou!

    ReplyDelete
  9. Muriel
    ek voel altyd so magteloos as dit by diere wat mishandel word kom.

    ReplyDelete