Wednesday, May 20, 2009

My Broer se Hoeder

Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oe is dof en blou. Sy klere hang soos n meelsak om hom, sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy voorkop, sonverbrand.

Boetie! Boetie! roep hy na my. Ek kyk anderpad. Net nog n boemelaar, net nog n bedelaar.

Boetie! Boetie! roep hy weer.

Ek draai my rug op hom en klim in my motor.

Wag asseblief Boetie, ek wil met jou praat - Sy stem is skor.
Seker van al die drank, dink ek.

Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my aangestap. Ek skakel my motor aan en ry weg, los hom daar - eensaam en alleen.

By die huis vertel ek vir vroulief van die voorbarige bedelaar, van wat ek dink ek gesien het. Dat hy my geld wil bedel, dit waarvoor ek gewerk het, met my sweet, my arbeid...

Vroulief stap kop onderstebo kombuis toe, ek maak my gemaklik op die stoep, bier in die hand. My hond kom le onder my stoel en ek voer hom n stukkie biltong. Hy lek my hand dankbaar...

Eensklaps staan vroulief in die deur. Ek het vir die man n pakkie kos gepak, ons vat dit nou vir hom. Een van die kinders se komberse is ook oor die muur, ons vat dit ook.
Ek ken die stemtoon, onverbiddelik: "vrou is jy mal? Die man is seker lankal weg. Gaan skep op ek is honger", probeer ek walgooi.
Dan ry ek self - druk sy dit uit...

Ek weet teepraat gaan nie help nie, my mooi van more se dag hang hiervan af. Ek staan op, vat die motorsleutels, en draai half vermakerig na haar: Nou kom - grom ek.
Ons ry in stilte, met slegs die geruis van bande. Vroulief klou die pakkie op haar skoot vas...

Voor die kooperasie stop ek op dieselfde plek. In die lig van die voertuig sien ek hom op die sypaadjie sit, sy kop op sy kniee, hande wat hang tot op die grond.

Sien jy, wat het ek vir jou gese? Klaar dronk. Vroulief ignoreer my, en gaan vat die omie aan sy skouers. Stadig lig hy sy kop; trane stroom oor sy wange.
Nog dronkverdriet ook - dink ek.
"Omie, ek het ietsie gebring om te eet", praat Vroulief sag en vat sy hande in hare.
Die omie se lyf begin ruk, hy huil nou openlik, trane stroom deur die dongas.

"Nooientjie, dis nie ek nie. Die tannie by die huis het in die bad geval. Sy kan nie opstaan nie. Ons foon werk al twee weke nie meer nie. Ek het asma, ek kon nie verder nie. Ek het n man probeer stop, maar hy het weggejaag... sonder om te luister. Al wat ek kon doen was om hier te sit en bid. God het vir my n engel gestuur. Asseblief gaan help die tannie... asseblief gaan help haar."

Ek sit met n knop in my keel, trane wil oor die walle stroom, die hartseer is diep en skerp. My gemoed is stukkend, my siel in opstand...
Waar en wanneer gaan ons besef:
Ek is my broer se hoeder!

7 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Treffend!!
    Mens weet ook nooit wanneer is dit die Here wat voor jou staan en jy ignoreer Hom nie.
    En ja ek sou seker in dieselfde omstandighede ook skuldig wees aan hierdie soort optrede, in my karretjie spring en wegry. Ek kry skaam.

    ReplyDelete
  2. Hi Nimsi
    'n Baie aangrypende verhaal! "Ek was honger en julle het my nie iets gegee om te eet nie..." Al die geringstes wat op 'n mens se pad kom - wie moet jy help en as jy help, help jy hom regtig of help jy hom van die wal in die sloot?
    Ek moet leer om meer na die Here se wil vra - en dit dan te volg - as om bloot my eie kop te volg.

    ReplyDelete
  3. Oom Petrus en Miekie
    Ek self was skaam toe ek hiedie stukkie klaar gelees het, het dit in n e-pos ontvang en besluit om dit hier te deel.

    ReplyDelete
  4. Jinnetjie-tog, maar dit sny beskamend diep, Nims.

    ReplyDelete
  5. Inderdaad mariki!
    baie welkom terug, het my omtrent vergaap aan al jou mooi foto's.

    ReplyDelete
  6. I wish not acquiesce in on it. I think polite post. Particularly the title-deed attracted me to review the intact story.

    ReplyDelete
  7. Genial dispatch and this fill someone in on helped me alot in my college assignement. Gratefulness you on your information.

    ReplyDelete