Wednesday, July 22, 2009

Die krag van gebed

Jacobus het geweet hoe groot die krag van gebed is. Ongelukkig ervaar ons dit nie meer so nie - nie omdat gebed kragteloos geword het nie, maar omdat ons geloof so klein is dat ons huiwer om God in gebed uit te daag om ons versoeke te laat waar word! Niemand kan glo hoe kragtig gebed is en wat dit kan laat gebeur nie, behalwe hulle wat persoonlike ervarings daarvan het.

Baie dankie aan elkeen wat saam met ons gebid het die afgelope maand... Willie het gister werk gekry en het al vanoggend begin werk!
GOD IS MIGHTY SLOW... BUT HE IS NEVER LATE!
Marius was al besig om ons trek te reel na sy huis in Pretoria - stoorplek vir ons meubels te reel - My twee Engele uit die woestyn het al die trek betaal...
Maar God se tyd is nie ons tyd nie!
Willie het werk in sy ambag gekry - ons hoef nie te verhuis nie - en toe ek gisteraand vir Marius se dat ons dit nie verdien nie, was sy antwoord net: GENADE IS VERNIET MY MA!
( Hierdie kind van my gaan ook nou deur n baie moeilike en seer tyd - en ek vra dat julle asseblief vir hom ook sal intree by die Vader.)

Hemelse Vader,
ek loof U vir die voorreg om tot U in gebed te mag nader. Ek dank U dat U steeds wonders doen vir mense wat volgens U wil bid.
Dankie vir die bevestiging dat ek deur gebed die wereld om
my posetief kan verander - omdat absoluut niks vir U onmoontlik is nie.
Amen.

Kom ons bly asseblief bid vir die groot aantal mense in ons land wat steeds sonder werk is.


n Nuwe lewe:
Baie Geluk Oom Petrus, Skoonsus, Stefan en Madie met die pragtige dogtertjie wat gister vir julle gebore is. Mag sy vir julle n groot vreugde wees!
Ons bid haar toe - Liefde, Geluk en Gesondheid heel haar lewe!

13 comments:

  1. In Sy tyd Nimsi gebeur alles soos dit moet. Ons se dankie Pappa vir Willie se werk! Marius se woorde is so waar en ons bid ook vir hom.
    Liefde

    ReplyDelete
  2. Sandra,
    Ons kyk met danbaarheid vorentoe!
    baie dankie vir jou liefde wat jy so sonder voorbehoud gegee het!
    Marius het ons gebede so bitter nodig!

    ReplyDelete
  3. Ooooo Nims! Ek sit hier met aangedane gemoed en vandag gaan ek lofliedere sing oor God se genadepresent vir julle!

    Maar dan...het net gister gehoor van 'n vriendin se jong kind wat gediagnoseer is met outisme -- tweede een in die gesin...ag, as Jesus maar wil kom en ons sal verlos van alle pyn en seer. Maar tot dan moet ons uit die geloof lewe, né.

    Geluk ook met die niggietjie-dingetjie! (Mooste mooie prentjie! Ek verkyk my.)

    Sterkte vir jou Willie, en ook Seun Marius.

    ReplyDelete
  4. Nims, ek is so baie bly vir julle. Mag die werk die beste ooit wees vir Willie. Ons dra Marius aan ons Groot Pa op. Sy genade is vir ons genoeg. Ons kan vashou

    ReplyDelete
  5. Dis die mooiste prentjie!!! en amper vergeet ek om te se geluk met die nuwe kleinding in die familie. Mag sy groot vreugde bring... liefde vir julle almal

    ReplyDelete
  6. Dankie mariki
    Ons staan stom en nederig voor God se groot LIEFDE en GENADE vir ons.
    Ons bid vir jou vriendin se kind.
    Bid asseblief baie vir ou Marius - hy loop tans n seer pad!

    ReplyDelete
  7. Charmaine
    Dankie vriendin!
    Die nuwe baba is pragtig, sy is die eerste Lourens kleinkind.
    Ek mail jou later.

    ReplyDelete
  8. Daar is sóveel nood oral om ons maar ek is só bly vir julle dat Willie so gou weer werk gekry het!

    Geluk ook met die nuwe aankomeling in die familie!

    ReplyDelete
  9. Thea, baie dankie ook vir jou liefde en gebede, vir jou bereidwilligheid om dadelik saam te begin soek.
    Die nuwe baba is n groot opgewondenheid by ons hoor!

    ReplyDelete
  10. Hallo Nimsi,
    As mens bid uit 'n behoefte, en nie om deur te bring nie, verhoor ons Hemelse Vader gebed. Dit is nie altyd so gou ons dit wil hê nie, maar op Sy tyd, gee Hy wat ons nodig het. Ons moet HOM NET VERTROU en al die EER gee wanneer hy ons gebede verhoor. Hierdie was nou 'n groot verhoring van gebed, maar hoeveel klein verhoringkies gaan by ons verby sonder dat ons dit as sulks sien en dank aan die Vader daarvoor gee.
    Dankie vir die stukkie oor Lianè

    ReplyDelete
  11. ((((Oom Petrus)))
    I verlang for u man!
    Dankie ook aan jou en skoonsus - deur al die jare beleef ons net Jesus liefde deur julle!
    Ag ek wens ek kon n ou fototjie van haar hier sit vir my mense om te sien... wil jy nie maar groot asseblief toestemming vra nie?

    Groete en Liefde daar.

    ReplyDelete
  12. (((Nims))) Ek was sooo bly toe jy my vertel het Willie het werk gekry. Ons gebede is verhoor!

    Sterkte Marius.

    Liefde
    M

    ReplyDelete
  13. Dankie ook vir julle saambid vriendin!
    Liefde vir jou.

    ReplyDelete