Tuesday, July 14, 2009

Werk

Omdat ek maar skaars is hier op my en ander se blogs, bring ek net gou vir almal wat belangstel en navraag doen n "update" van ons vordering met die werksoek...

Ongelukkig het ons nog nie reggekom met werk nie - ons gee egter nie op nie, ons bly soek!

Baie dankie aan almal wat e-pos, sms of bel om ons te bemoedig. Baie dankie ook aan almal wat saam met ons uitkyk vir iets... ons wardeer dit baie!
Daar is wel diegene wat ons nou totaal en al ignoreer - ons verstaan en hou dit nie teen julle nie!
Dan is daar die wat probeer om ons positiewe gesindheid te veroordeel...
Een so n persoon het gister gevra of ons dan nie besef dat ons - "down and out" is nie? en dat as ons aanhou met hierdie "don't care" houding van ons, ons binnekort in die "gutter" gaan beland!
Hierdie persoon se woorde aan my was: Julle is sonder werk en sonder inkomste mens!, positief gaan julle nie vol maak of julle rekeninge betaal nie...

Ons besef maar terdee dat ons en baie ander, sonder werk is... en glo my - almal van ons is diep bekommerd oor basiese dinge soos verblyf en etes.
Maar ek kies egter om positief te bly - om my geloof te behou!
Werk is identiteit... Ek weet!

5 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Ons bly saam met julle bid, en glo daar sal binnekort uitkoms wees.
    Seen vir die dag

    ReplyDelete
  2. Nimsi ons weet mos dat dit gaan oor hoe ons die situasie hanteer en positief in geloof is beslis die regte manier. Sterkte vir julle ons bid saam.

    ReplyDelete
  3. Hierdie kant vra ek ook steeds vir ons Vader oor julle. En moenie dat die aanslae van die Bose by monde van mense, jou verras of onderkry nie!

    Met liefde.

    ReplyDelete
  4. Om te sit in sak en as gaan ook nie die maag volkry nie! Ek kan die persoon se opmerking regtig nie verstaan nie! Ek bewonder jou positiewe gees: jy is 'n inspirasie en daar is baie wat (soos ek) die Here loof oor jou geloof. Ek bid vir julle en hou my oe en ore oop. My seun (leerling loodgieter) het nou al twee keer sy werk verloor - die maatskappye kry baie swaar.

    ReplyDelete
  5. Nimsi ek dink aan jule en bid vir julle en is saam met julle positief dat daar baie vinnig uitkoms sal wees. ((( liefde))))

    ReplyDelete