Monday, July 27, 2009

Kom ons lag n slag!

Na al die beswaardhede op my blog die laaste tyd het ek gedink julle sal hierdie een ook geniet...Ek kyk my vrou op n dag so en se: "Liefie, toe ons 30jaar gelede getroud is, het ons n goedkoop woonstel en n goedkoop kar gehad. Ons het op n sofabed geslaap en na n swart en wit TV stel gekyk. Maar ek het elke aand by n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons n mooi huis, n mooi kar en n plasma TV skerm. Maar ek slaap elke aand by n vrou van 55. Ek dink nie jy bring jou kant nie."

My vrou is n baie redelike mens. Sy se toe ek moet gaan en vir my n warmbloedige 25-jarige blondine soek. Dan sal sy wat my vrou is, seker maak dat ek weer in n goedkoop woonstel bly, in n goedkoop kar ry, op n sofabed slaap en na n klein swart en wit TV kyk.

Ouer vroue is briljant! Hulle weet presies hoe om jou middeljare krisis op te los!

4 comments:

  1. Stem, stem en stem nogeens saam! Ons is darem maar net alte oulik!

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsi,
    Met sulke vriende kan jy nie vyande hê nie. Jy sien my vrou is my beste vriend ook!

    ReplyDelete
  3. Miskien moet ons die mans vra wat is hulle "ewige jeug" resep :-) dink jy nie?

    ReplyDelete