Wednesday, July 29, 2009

Smeer salf aan...


Ek merk die pyn op haar gesig en hoe mank sy stap terwyl sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien.
Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Ek sien dit moet erg wees aan die manier hoe sy stap...
"Jong jy moet iets aansmeer of n pilletjie drink" sê een van haar kliënte - "Ja" sê sy met n verleë glimlag.

Iemand verskoon haarself van n ander tafel en loop uit. Minute later kom sy terug met n pakkie in haar hand. Seker gou iets gaan koop , dink ek. Die persoon oorhandig die pakkie aan die kelnerin en sê; "Hierso smeer die salf aan, dit sal help"

My gedagtes is stilgeruk, ek dink aan die woorde in Jacobus - en sê nou een van julle sou vir hulle sê: Mag dit met julle goed gaan, trek warm aan en eet genoeg, maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?

Hoe maklik sê ons nie ook soms - "laat dit met julle goed gaan, slaap warm en eet genoeg" - dan draai ons bloot om en gaan aan met ons lewens.
Hierdie meisie werk in die Wimpy, verdien dalk n tip van R5.00 per tafel - moet die hele skof met n pynlike enkel rondloop ...
Maar iemand kom en sit woorde om in aksie en iets gebeur; - pyn word verlig!

13 comments:

  1. Eendag het iemand vir my gevra hoekom ons nie meer so betrokke is by die kerk nie (kommissies ens nie) soos voorheen nie. My antwoord aan hom was dat die Here se werk nie net binne die kerkdeure plaasvind nie, meeste van dit vind buite plaas.

    ReplyDelete
  2. Met sulke dade is mens meer van 'n getuienis as met duisend woorde.

    ReplyDelete
  3. Wat'n verblydende verhaaltjie. Ja, laat ons tog "daders van die Woord" wees, soos ons Heiland.

    Dankie, Nims, goed om te lees. (En lekker dat jy weer met ons is. Ek sê dit sommer weer!)

    ReplyDelete
  4. Sandra
    Dade sit inderdaad die wiel van God se wonderwerke in mense se lewens aan die rol!


    mariki
    Dankie vriendin!

    ReplyDelete
  5. Hallo Nimsi,
    Die Heilige Gees praat baie met ons maar ons hoor nie wat Hy sê nie. Ons moet leer om sensitief te wees daarvoor, vernaam waar dit oor die nood en behoeftes van ander gaan.
    Groete

    ReplyDelete
  6. Oom Petrus,
    Dit is baie waar! En in vandag se tyd is dit veral moeilik om daders te wees!
    Groete by julle Oom Petrus xxx

    ReplyDelete
  7. Hierdie inskrywing onderstreep net weer wat jy in die vorige een (Liefde) gese het! Ek dink so dikwels aan die verse oor die geringstes - ek kyk so dikwels anderpad, en draai die ruit toe, terwyl daar munte in die motor se asbakkie le...Gaan Jesus ook vir my se "Ek was honger en jy het my niks gegee om te eet nie?"??!! Tien uit tien vir hierdie Wimpy klant. Dade spreek veel meer as woorde!!

    ReplyDelete
  8. Hallo Nimsi
    Dit is baie mooi en waar woorde.
    Dit is wat die wereld kortkom-mense
    wat oorgaan na aksie en REGTIG omgee!
    Ek dink aan die storie van die bruilof. Die genooides wou nie kom nie toe gaan haal hulle die verminktes en kreupeles langs die paaie. So baie van ons is vermink deur die lewe,deur ander mense,of ons ken so iemand. Ek hou van jou blog,dit bring troos!
    Groete
    Sonja

    ReplyDelete
  9. Miekie
    Ja - dit is soveel makliker om die ruit op te draai en net voort te gaan met ons besige lewens ne... ekself so baie skuldig daaraan!

    ReplyDelete
  10. Hallo Sonja,
    Baie welkom hier by my - en dankie vir jou mooi kommentaar.
    My blog gaan juis oor die kommentare wat hier gelos word - hulle het 90% van die tyd meer trefkrag as die inskrywing self.

    ReplyDelete
  11. Dis waar... so baie waar. Dis dade, nie woorde nie wat die verskil maak. Ek stem saam met Oom Petrus, dis wanneer ons luister na die stem van die Heilige Gees wat ons tog wel hoor maar so maklik ignoreer.

    ReplyDelete
  12. (((Charmaine)))
    Baie waar - ekself het nog so baie te leer oor luister!

    ReplyDelete