Tuesday, July 28, 2009

Liefde


Hoe lyk liefde Here? vra iemand.
Jesus glimlag en antwoord:


Liefde het gewillige hande om laste te dra.
Voete om vertrapte mense na die troon van liefde te dra.
Oë om stukkendes raak te sien.
Ore om die noodkreet van verdwaaldes te hoor.
n Mond om te vertroos en stukkend weer heel te soen.
Kniee om maklik te buig.
Arms om te omhels met warmte.
Harte wat plek maak vir verwerptes.
Lippe wat Sy woord oordra met sagtheid!

Mag jy elke dag Liefde ervaar.

5 comments:

  1. Nimsi,
    Wonderlik, godelik die agapé liefde

    ReplyDelete
  2. Is dit nie die wonderlikste beeld van ons Here Jesus nie -- en hoe ver skiet ek tog te kort....(en ook dáárvoor tree Hy in, halleluja!)

    Dankie, Nims.

    ReplyDelete
  3. Wonderlik hoe ons Pappa ons liefhet. As ons maar so kan liefhe.

    Mooi dag vir jou!

    ns Hoe gaan dit met Rassie?

    ReplyDelete
  4. Daar is verseker geen beter toonbeeld van genade as Jesus nie!
    Dis al wat ons nodig het.

    ReplyDelete
  5. Nims dankie vir die mooi inskrywing. Bloudruk vir ons lewens om meer en meer soos Jesus te word.

    ReplyDelete