Thursday, July 30, 2009

Klein Rakker

Ek kry vreeslik baie navraag oor hoe dit met hierdie klein stouter - kabouter gaan. En daarom gee ek gou n "update" hier.

Hy is nou 4maande oud en baie lewendig, hy is versot op sy mandjie en steek ook al sy gunsteling goedjies daar weg.
Ek het al daar uitgehaal: - my selfoon, battery laaier, pantoffels, sokkies...
Sy gunseling kuierplekkie is bo-op Willie se skouer en ek noem dit sy "Lazy-Boy"
Dit gaan baie goed met hom en met ons. Hy hou my goed besig en ek slaap sommige aande al lank voor hy onder sy kombersie inwoel!

7 comments:

  1. Aggetjietog, die kleine honneliefie! Selfoon nogal....bid jou aan! Gee hom 'n ou drukkie vir my onthalwe, Nims.

    ReplyDelete
  2. Hy's pragtig Nimsi. Sy nefies steek ook so hulle goeters so weg maar ek's seker hulle ma sal vertel. Dalkies is selfone nou "waghonde" se nuwe hulpmiddels terwyl hulle wagle.

    ReplyDelete
  3. Moeder tog Nims hy is regtig pragtig die klein asjas. Ja myne steek ook als onder hulle kombersie weg... hulle speelgoed en als wat hulle nie wil eet nie...tot boontjies :-) So bly julle geniet hom

    ReplyDelete
  4. Hallo Nimsi,
    Dit lyk my hy word nou groot. Hy is pragtig.
    Groete

    ReplyDelete
  5. Te dierbaar! Ek's seker jy geniet hom vreeslik baie! Ons handebabas kom maar net in die opwaskamer - maar vandaar kan hulle die hele leefarea sien. Drie labbies in die sitkamer sal eendag 'n bietjie baie wees. Hendrik en Jan se moddervoete in die somer en sandvoete in die winter is genoeg werk dankie!

    ReplyDelete
  6. Hy's pragtig Nimsi! Hierdie een van ons is net so besig en moenie praat hoe skerp is die tandjies nie!

    ReplyDelete
  7. Ag,hy is pragtig!Ek het ook vir 11 jaar so n hondjie gehad en sy naam was Doonsie. Ek het vreeslik gehuil die dag toe hy dood is, dit het gevoel of n groot stuk van my lewe en herinneringe saam met hom begrawe word.Hy het n lekhartjie gehad.Jy het my sommer nou ver laat terugdink!

    ReplyDelete