Thursday, April 30, 2009

Die Nuwe Lourens Baba

My Naam is Rascal...
Ek is 4weke oud en n Chihauhau
Tannie Sandra en Tannie Charmaine van Abu Dhabi United Arab Emirates het my vir my nuwe mamma en pappa gekoop.
Ek gaan die eerste week in Junie na my nuwe huis in Krugersdorp wanneer Tannie Charmaine my vir my nuwe mense mamma vat.
My mense mamma is so bly oor my, sy het sommer begin huil gisteraand toe Tannie Sandra vir haar die foto's van my stuur...(vroumense is darem maar dom...huil wanneer hulle bly is?)
Nouja Ooms en Tannies, dink maar vir die volgende paar weke aan my nuwe mamma, ek verstaan sy het alreeds vanoggend vir my nuwe mense pappa n lysie gegee van wat sy alles vir my moet koop...
Kombersie, water en kosbakkies, n naamplaatjie vir om my nek...
Ek dink ek gaan sommer baie lekker bly by my nuwe mense!
Baie dankie Tannie Sandra en Tannie Charmaine dat julle my gekies het om by hulle te gaan bly!
Julle gaan sommer nog vreeslik baie van my sien op hierdie blog!

7 comments:

  1. (((Nims))) ek is baie seker klein Rascal kannie vir 'n beter huis vra nie. Ek verstaan jou haas om die kleinman by jou te he.Hulle verskaf soveel vreugde en ja, ons sal beslis baie updates wil he oor wat hy alles aanvang. :-)

    ReplyDelete
  2. Ek weet sommer hy gaan baie bederf word en dat julle hom vreeslik gaan geniet. Die volgende 4/5 weke sal sommer gou-gou verbygaan en dan gaan die Rascal die huis regeer.

    ReplyDelete
  3. (((Charmaine)))
    My maag bewe eintlik as ek na die foto's kyk wat Sandra gisteraand gestuur het!
    Is hy nie te pragtig nie!

    Nimsi

    ReplyDelete
  4. (((Sandra)))
    Hy regeer kla ons harte!
    Baie baie dankie julle 2!

    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Ag moedertjie, hy is te cute vir woorde....

    ReplyDelete
  6. Hallo Nimsi

    Wil ook graag die kleintjie sien..!
    Sien julle Saterdag!
    Groete

    ReplyDelete
  7. Rascal is 'n pragtige ou woefietjie! Ek weet sommer hy gaan baie bederf word en ook baie liefde ontvang!!

    ReplyDelete