Saturday, August 1, 2009

Huwelike



Ek doen n ernstige beroep op elkeen wat hier lees om in hierdie maand spesiaal te bid vir huwelike.
My persoonlike oortuiging is - die duiwel se gunsteling iets om aan te val is die huwelik.
Hoeveel pyn en hartseer veroorsaak hy net nie daardeur nie!
Kom ons vat hierdie Augustus hande en bid vir almal se huwelike -
Die wat goed is en die huwelike waar daar probleme is.

Liewe Vader, ek kom voor U vandag en vra dat U ons huwelike sal seen en sal beskerm teen alle aanvalle wat die satan mag uitdink.
Seen elkeen van ons se huweliksmaats. Ek bid vir die huwelike waar daar probleme is, hulle kom lĂȘ ek spesiaal aan U voete - hou ons veilig en trek vir ons die beskerming aan wat ons nodig het.
Ek bid ook vandag vir die mense wat alleen staan en wie se huweliksmaats U nie aanbid nie.
Ek bid U seen, voorspoed, krag, liefde en die BLOED VAN JESUS oor almal van ons se Huwelike.
Dankie Liewe Vader vir al U Genade en Seen oor en in elkeen van ons se lewens en huwelike.
Dankie dat U altyd ons Rots en Toevlug is.
Amen

6 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    AMEN, AMEN, AMEN!!!! Die bloed van Jesus oor alle Christen huwelike. AMEN

    Die ou swerkater slaan altyd waar dit die grootste skade kan aanrig

    ReplyDelete
  2. DIT Nimsi, is 'n tragedie van duiselingwekkende omvang, hierdie ding van gebroke huwelike. En reg, omdat dit die basis is van kerk en samelewing, het satan PRESIES geweet wat hy teiken.

    Ja, ons moet bid, regtig bid.

    Dankie, jong.

    ReplyDelete
  3. AMEN!!Mag Jesus se genade deel word van elke huwelik. Mag alle egpare leer om in Jesus Naam met mekaar te KOMMUNIKEER op 'n 1 Kor 13 manier.

    ReplyDelete
  4. Dis waar, die Duiwel steel die kosbaarste. Ek bid saam Nims

    ReplyDelete
  5. Hier kom ek ook nou by. Dis 'n daaglikse aanslag nie net af en toe nie - bid saam met jou! Mooi dag

    ReplyDelete
  6. Wat n wonderlike gedagte. Dit is mos waar elke gesin begin en as dit nie reg is nie, lei die hele gesin daaronder. Ek bid voorwaar saam met jou!

    ReplyDelete