Tuesday, August 25, 2009

Doodstyding

Snaaks hoe n skielike doodstyding jou met daardie lam, winduit gevoel op die krop van jou maag laat...
My sus se man is baie skielik gistermiddag by sy werk aan n hartaanval oorlede.

Susan, Jacques, Vicky , Kobus en klein Dewet:
Ons innige simpatie met jul groot verlies. Mag julle God se liefde en vrede ervaar in die dae wat voorlĂȘ. Ons bid julle sterkte toe.

Aan almal baie dankie vir julle liefde en simpatie, ons wardeer dit opreg - bid asb vir hierdie gesin die begrafnis is vrydag.

9 comments:

  1. Ek's so jammer om dit te hoor Naomi. Baie sterkte vir julle almal.

    ReplyDelete
  2. O, ou Nims -- dis so verskriklik hartseer! Wens ek kon my arms om jou sit en jou net styf vashou.

    Die troos en genade van ons barmhartige Vader vir jou en jou sus en haar gesin toegebid.

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi,
    Ons innige simpatie met die afsterwe. Mag Vader self die trane afdroog en stukkende harte heel.
    Sterkte daar vir julle

    ReplyDelete
  4. Nimsi, baie sterkte in die dae wat voorle vir julle almal.
    Susan en kinders, my innige simpatie.

    ReplyDelete
  5. Jammer om dit te hoor Nims. Ons bid vir julle!

    ReplyDelete
  6. Nimsi,ek dink vandag aan jou en jou familie! Ek bid vir julle vir krag en sterkte en vrede in hierdie tyd. Ons gee almal baie om vir jou en al is ons ver is ons hier. xx

    ReplyDelete
  7. ((((Nims en familie))) mag Vader julle troos en aan Sy bors druk. Ek is so jammer. Bid vir julle

    ReplyDelete
  8. (((Nimsi))) en familie my innige simpatie. Sterkte vir julle.

    ReplyDelete
  9. Nimsi,vandag het ek weer aan jou gedink. Ek hoop dit gaan goed,ek bid vir julle.

    ReplyDelete