Thursday, August 6, 2009

Wie is ek ?



Stop hier gereeld n vreeslike "fansy" kar voor ons gebou - (ek vermoed hy kuier by een van die woonhuise aan die oorkant van die pad) - maar dit is nie die "fancy" kar wat my vandag hier laat skryf nie - nee dit is die nommerplaat... daarop staan: "Who am I?"

Dat iemand wat in so n "fancy" kar ry moet wonder wie hy is - is vir my een te veel...
Ek wou al n paar keer vir die persoon by sy kar wag en sé: "My liewe mens, ek het geen idee wie jy is nie. Kan jy nie dalk vaagweg onthou waar jy grootgeword het nie, of jy broers en susters gehad het nie, of jy dalk al getroud was nie, indien wel wat jou vrou se nooiensvan was nie - of net iets - want ek is bereid om jou te help soek na wie jy nou regtig is"

Wie weet, dalk het die man sy naam weggegooi? of dalk het hy dit op n weddenskap verloor, of dalk n oneerlike saketransaksie? Ek het nou al die scenaroi's deurgetrap - baie antwoorde oorweeg - maar ek weet ook nie wie hy is nie!

Jou al self in die spieël gekyk en gewonder - WIE IS EK?
Satan jou ook al die gevoel van "WHO AM I" laat ervaar?
Gister vir hom die volgende nota in sy "fancy" kar se ruitveer gelos -
Dit gaan nie oor wie jy is nie, dit gaan oor wie jy in Jesus is...
Jy is n Koningskind, n begenadige, iemand vir wie Jesus gesterf het!



En daarmee vir myself gevra - En jy? Weet jy wie jy is?

3 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Dankie. Gelukkig weet ek dat ek onherroeplik 'n kind van die Here is Ek het nie nodig om te wonder nie, ek WEET.
    Groete

    ReplyDelete
  2. Pragtige waarheid, Nims.

    En ditto, OomP.

    ReplyDelete
  3. Miskien sal hy nou eers weet wie hy is! Daar is darem so n groot nood oral oor die wereld heen van mense wat na hulleself soek en nie eintlik weet dat wat hulle werklik soek is Jesus nie.

    ReplyDelete