Tuesday, August 4, 2009

Eerlikheid

Ek moes so n tydjie terug een van die buurvroutjies neem vir noodsaaklike inkopies. Besig om haar sakkies in die motor se kattebak te pak - nader hy ons...

Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie...

"Madam' skop hy af.
"Kan ek asseblief net iets vir die madam vertel?"
Hy sê: "Madam weet, dinge is baie tuff hierdie dae. Ek het kinders in die skool wat moet boeke, klere en kos kry. Soos madam seker self weet is hierdie dinge baie duur en my geld is nou op"
"Ek wil graag vir my net n sixpack koop, vir die stress madam weet. Wil madam nie asseblief help nie?"

Ek is sprakeloos toe sy sowaar die man in sy kwaad help!
Dalk moes jy eerder vir hom n sespak melk gekoop het... sê ek hardop.
Nee sê sy sowaar - die man het nie doekies omgedraai nie, hy was blatant eerlik oor sy behoefte...

En net daar besef ek dit gaan veel dieper as dit.
Want eerlikheid het een vername eienskap... DIT MAAK VRY!
Vry van skuldgevoelens, vry van emosionele bindinge.
Dit bring heling. Breek mure af. Bou verhoudings en vertroue. Gee nuwe geleenthede.

Solank jy nie eerlik is nie, is jy n slaaf, n gevangene, vasgeboei in kettings...

7 comments:

  1. Ernstig gesien, is dit 'n besliste waarheid, ja. Eerlikheid maak vry. Die waarheid; die Waarheid; Christus; vry.

    Dit was nou my teks hier.

    Maar op ligter trant: hoekom het ek nog nooit gekliek 'n six pack is NET die ding vir stress nie...

    ReplyDelete
  2. Sjoe, watter waar woorde Nimsi, ek en seun het net vanaand daaroor gepraat oor wat eerlikheid kan doen..

    Ns, jou honnekind is pragtig hoor!

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsie,
    Ja, as iemand so blatant eerlik is voel mens amper jy wil hom dan maar help. Maar mens kan hom nie in sy kwaad sterk nie,hy was selfsugtig. Die gesinsbehoeftes het nie vir hom getel nie.
    Groete

    ReplyDelete
  4. Ja wees eerlik dan hoef mens nie later te verduidelik nie. Mens moes net in hierdie geval eerlik terug gewees het, en gese het ek sal help maar met kos bv.

    ReplyDelete
  5. mariki - die skepsel stress heeltemal te veel!


    Zee,
    Hoop dit gaan sommer baie goed met seun!

    Oom Petrus en Sandra,
    Ek stem!

    ReplyDelete
  6. Ai, Nimsi, ek moet nou nie lag oor die man se probleem nie (want hy het beslis 'n diep probleem, en sy ellende -- miskien nie soos wat hy daaroor dink nie -- kan mens nie wegredeneer nie), maar jou antwoord aan my, prikkel my lagspiere!

    ReplyDelete
  7. Ek het lekker geglimlag oor die een Nims... help my om my sorge te verdrink... dis nou kreatief!! maar die ook hartseer want ja, sy eie behoeftes is baie belnagriker as sy gesin sin. Dit was my frustrasie met mense toe ek Maatskaplike werker was.

    ReplyDelete