Thursday, August 20, 2009

Geduld

Thomas A Kempis, n priester en skrywer, het gesê: "As jy nie die lewe met vreugde kan leef nie, doen dit ten minste met geduld".

Toe ek dit lees kon ek nie help om te wonder of soveel van ons landgenote se ongeduld nie juis toe te skryf is aan die feit dat hulle sielsongelukkig en onvergenoegd is nie.
My eie lewe het my geleer hoe ongelukkiger ek met my omstandighede is en hoe meer ek met n Martie Martel houding rondloop, hoe minder tyd - en geduld - het ek vir ander mense en die daaglikse eise van die lewe.
Wanneer ek egter my kop skoonmaak en myself met n kombers van kalmte, liefde en welwillendheid toevou, hoe minder ontsteld raak ek oor dinge.

Ons onvergenoegdheid en gepaardgaande selfsug slaan oor in arrogansie en ongeduld wat gesien kan word in die wyse waarop ons bestuur, die respek (of gebrek daaraan) wat ons vir ander mense openbaar en die onverskilligheid waarmee ons deur die lewe gaan.
Ons almal droom van n utopia waar liefde, respek en omgee teenwoordig is, maar ons verwag dat ander mense hul houdings en denke moet verander ten einde ons te akkommodeer, sonder dat ons bereid is om self iets daaraan te doen.

Die eerste stap na sukses/genesing/nuwe denke/gewoontes, begin altyd by jouself. Gaan soek daardie plekkie in jou binneste waar jy vrede en genoegdoening ervaar en begin met dankbaarheid en liefde leef. Sodra jy die lewe se vreugdes kan sien en ervaar, sal daar beslis n groter behoefte wees om met omgee deur jou dag te gaan, wat beteken jy sal ook met meer geduld funksioneer...

"Die vrug van die Gees daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing".
-Gal 5:22-23

12 comments:

  1. Dis waar dis waar dis waar.... ek luister na 'n lied van Casting Crowns wat sing: Everytime we shout our rights out, we become all grumpy and grey... hoe gaan dit met jou seun en sy hart?

    ReplyDelete
  2. Hello Charmaine,
    Dit gaan al beter dankie, sal seker maar nog n tydjie neem om regtig vrede te maak! Wens so baie dae ek kon nog sy seer "gesond soen".

    ReplyDelete
  3. Dit is so waar! Ek het dikwels al gewens ek het meeeer geduld. Dan dwing ek myself net om nog meer eenvoudig te lewe en nader aan die Here te wandel,daar vind ek die kalmte wat ek kortkom.

    ReplyDelete
  4. Hallo Sonja,
    Ja nee, ek en geduld is ook nie boesemvriende nie.
    Dankie vir jou inloer.

    ReplyDelete
  5. Geen geduld kan mens se dag baie keer heeltemal op sy kop draai en hoe meer mens probeer hoe meer hardloop alles skeef. Dan moet ek maar net weer stil raak

    ReplyDelete
  6. Hallo Sandra
    Ek raak soms n paar keer per dag stil... hoop dit gaan goed by julle.

    ReplyDelete
  7. Hallo Nimsi,
    Goeie inskrywing, my dadelik laat dink aan die volgende teks
    Jeremia 17:
    9)Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
    10)Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
    Geniet die naweek

    ReplyDelete
  8. Dankie Oom petrus,
    Geniet ook julle naweek, ry veilig en gee asb ons groete en gelukwense daar.

    ReplyDelete
  9. Ek raak ongelooflik ongeduldig met myself oor my ongeduld!

    Grappies opsy: ons het net Een voorbeeld, en géén verskoning nie! Maar ag....

    ReplyDelete
  10. Nimsi, vandag het ek net die urge om jou sommer stukkend te druk!


    (((((((((((((Nimsi))))))))))

    ReplyDelete
  11. Baie Dankie vriendin, ek ontvang jou drukkie met oop arms... voel vandag so half of die wind my rondwaai.
    (((Zee)))

    ReplyDelete