Wednesday, August 12, 2009

Veels Geluk Willie



Vandag bevind jy jou op die drumpel van n nuwe lewensjaar...

Ek sou die heeldag saam met jou wou deurbring en seker maak jy's gelukkig en veilig, toe sê die Heer ek moet terugstaan...
Hy doen dit elke dag!

Baie Geluk met jou verjaarsdag my liefste man, mag hierdie lewensjaar jou beste nog wees!


Hemelse Vader,
Dankie dat ons nog n nuwe lewensjaar saam met Willie kan ingaan, vat U asseblief in hierdie nuwe jaar sy hand en loop U saam met hom.
Vader, U ken my onrus vanmore oor die vreeslike hoë bloedsuiker waarmee hy weer sukkel, ek gee dit nou vir U my Vader.
Amen

8 comments:

  1. Baie geluk met jou verjaarsdag Willie, hoop dis 'n besonderse dag, met baie bederf en seeninge en die mooiste van nuwe lewensjaar.

    ReplyDelete
  2. Baie geluk met jou verjaarsdag Willie, mag jou dag baie spesiaal wees.

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi,
    Vanoggend 06:00 to sing ek vir daardie boetie van my "veels Geluk liewe...."
    Ek vertrou dat dit vir jou 'n wonderlike geseende lewensjaar sal wees my Boetie en dat jy in hierdie jaar die keur van die Here se seen sal ondervind. Baie Geluk Willie

    ReplyDelete
  4. Baaja Geluk met oom se verjaarsdag, mag die here om seen en nog baaja jare spaar.
    mwha

    ReplyDelete
  5. Baie geluk Willie, ek verjaar ook vandag ek is bly om saam met iemand te verjaar!

    ReplyDelete
  6. Baie Dankie aan al die dames vir die mooi wense, aan die vroutjie wat saam met my verjaar baie baie geluk.

    Ouboet baie dankie.

    Willie

    ReplyDelete
  7. Nims en Willie, vind nou eers weer my voete (en gedagtes) terug na die kuiergaste en my lange busrit. Nietemin, my gebed vir julle en veral vir die goeie Verjaarsdagman, is dat God jou in Sy hoede sal hou in die komende jaar, en jy met vreugde aan Sy hand sal stap!

    Groete in Christus, aan twee besondere mense.

    ReplyDelete
  8. Ai, baie geluk Willie...askies vir die bietjie laat, maar dis nog jou maand. Mag dit 'n wonderlike gesonde jaar wees en die begin van sommer baie kosbare jare vorentoe

    ReplyDelete