Friday, August 14, 2009

"Faith"

Meeste van julle het seker al van "Faith" gehoor of gelees - maar ek glo nie n 2de keer sal skade doen nie!

Dit is "Faith"



Hy is op Kersaand 2002 gebore met 3 bene - 2 gesonde agterbene en 1 abnormale voorbeen wat geamputeer moes word. Sy ma het hom probeer versmoor toe hy gebore is.
Sy eerste eienaar wou hom laat uitsit...

... maar toe kruis sy pad met Jude Stringfellow. Sy het hom aangeneem en was oortuig dat sy hierdie hond kan leer om op sy eie oor die weg te kom.
Sy het hom "Faith" gedoop.
In die begin het sy "Faith" met n lepel vol "peanut butter" geleer om op sy agterbene te staan en te spring vir beweging.
Na slegs 6 maande se intense afrigting in die sneeu, kon "Faith" op sy agterbene loop soos n mens.Daar is maar altyd onverstaanbare dinge in die lewe...Hierdie hond se verhaal het my weer laat besef:
"With a little faith"!

6 comments:

  1. Nimsie, dis ontroerend! Ja, geloof soos 'n mostertsaadjie....

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsi,
    Nog nooit hiervan gelees nie!
    Ja wys jou wat deur geloof gedoen kan word.

    Hoeveel te meer kan geloof in die Vader vir ons as mens beteken
    Geniet die naweek

    ReplyDelete
  3. Dis aangrypend!! Ons het so baie om oor dankbaar te wees. Hier leer ek vandag by n hond dat enige iets KAN as jy net WIL en GLO!

    ReplyDelete
  4. Ons kan leer by Faith en by sy ounooi. Ons moet net glo en vertrou!

    ReplyDelete
  5. Dis 'n baie kosbare voorbeeld van "alles is moontlik". Dierbare dapper hond wat mens moet salueer....en die ounooi ook...saluut!!!!

    ReplyDelete
  6. Siestog arme ou Faith maar wat 'n merkwaardige verhaal!!

    ReplyDelete