Friday, August 7, 2009

Etiket



Veral in Suid - Afrika waar ons soveel verskillende kulture met hul eie etiket het - wonder mens dikwels wat is onbeskof en wat is goeie maniere?
Tye het egter verander en net soos alles moet etiket seker ook aanpas.
Maar...


Asseblief en Dankie:
Sal nooit uit die mode raak nie en hoort in elke opgevoede mens se woordeskat.

Respek:
Die grootste onderliggende beginsel van goeie maniere is respek vir ander - dan sal dit nie saak maak as julle kulture en begrip van etiket verskil nie.

Groet:
In alle kulture is groet n belangrike manier om respek te betoon. "Aangename kennis" by n eerste ontmoeting klink nog steeds soveel beter as "Hoezit , Bra"

Persoonlike higiëne:
Hoort in privaatheid gedoen te word. Moet dus nie in die openbaar in jou neus, ore, tande of ander plekke krap nie!

Stiptelikheid:
Deur betyds vir n afspraak op te daag, respekteer jy die ander persoon se tyd. Laat weet as jy laat gaan wees.

X@#$:
Vuiltaal of vloek is nooit etiket nie. So ook suggestiewe opmerkings!

Tye het verseker verander, maar goeie maniere bly belangrik!


7 comments:

  1. Nimsi, jy praat groot waarheid hierso hoor.
    Zeethan weet hy kry nie iets as hy nie asseblief vra nie, en hy weet hy moet dankie sê. Ag jinne hy raak te cute by die dag, hy het nou die ding as hy vir jou iets gee, maak nou nie saak wat dit is nie en jy sê nie dankie nie, sê hy "Sê dankie, sê dankie", en dan sodra ons dan nou dankie gesê het sê hy "Plesier". Ai, as ek hom nou net kan kry om op te hou om in sy neusie te krap, het jy nie dalk raad nie. Ek piets sy handjie dan gaan dit goed vir 'n rukkie maar dan begin hy weer :-(

    ReplyDelete
  2. Dis wat ons ook altyd se Nimsi - met al die nasionaliteite hier en party wat mens teen die muur uitdryf - daar is mos iets soos basiese goeie maniere. Glo my wat ons as goeie maniere beskou bestaan nie in baie lande/kulture nie.

    ReplyDelete
  3. Stem sooo saam met jou! As die ouens by die munisipaliteit net sou weet dat hulle nie vir my (en ander mense) hoef te blaf nie - ek kom doen nie elke dag aansoek vir 'n rybewys nie en weet dus nie van welke ry, watter vorm, of watter kant toe ek die oogmasjien se hefboom moet druk nie... as jy my net vriendelik se wat jy wil he ek moet doen, en nie vir my blaf nie, sal jy my (en ander) oneindig minder laat stres laat beleef... en my respek vir jou laat styg. Al wat ons vra is doodgewoon respek, vriendelikheid en bedagsaamheid.

    ReplyDelete
  4. Haai Nims, dis so waar al die dinge wat jy se. En die etiketding is hier net so nodig. Dis erg as mense dink die slegte maniere is deel van die meerwaardigheid bo ander mense. Ek stem sooo saam. Sal mens nie die etiketreels teen die mure opplak dat almal kan sien nie?

    ReplyDelete
  5. Zee,
    Julle het voorwaar vir Zeethan mooi maniere geleer, ek het bietjie vergeet om te noem van plesier - want dit is beslis goeie maniere om plesier te sê as iemand vir jou dankie sê - ek het nie regtig raad oor die neusie krap nie Zee, ek het maar met Marius geglo aan beloning eerder as straf - beloon hom en maak n groot ophef as nie in sy neusie krap nie. Hy is regtig so n pragtige ou seuntjie Zee, gee hom n drukkie van my af asseblief.

    ReplyDelete
  6. Sandra, Miekie en Charmaine.
    Ek wonder sommige dae of mense - ongeskik, beleefd ongeskik of sommer net sleg gemanierd is...
    dankie vir julle inloer - en ja Miekie veral in openbare plekke is ek 90% van die tyd heel verward!

    ReplyDelete
  7. Ek stem saam met jou! Goeie maniere is darem baie basies!

    ReplyDelete