Monday, January 19, 2009

Doreen

Kom ek en Doreen al n pad saam, sy het my aangeneem as haar vertroueling toe ons saam in die stad gewoon het. Sy is na haar ouers se egskeiding deur die hof in haar pa se sorg geplaas en op die stadium toe ek in haar lewe gekom het, het haar pa deur n baie moeilike verhouding gegaan...
Gisteroggend laai pa haar by my woonstel in die nuwe dorp af met die boodskap - Praat met haar, of ek gaan myself vergeet en haar iets vreesliks aandoen!
Saam met hierdie 'opdrag' kry ek ook n lang lys van al haar foute, grille en 'geite'...

Doreen is nou vyftien, n bietjie oorgewig ( sy moet meeste van die tyd Mc Donalds eet want pa is of by sy vriendin - of te moeg om te kook) effe aan die slordige kant (die ma-hand kort) en baie baie deurmekaar...
Ek en Doreen praat toe...
Ek gesels graag met die jeug, hulle herinner my gedurig daaraan dat ek vroer 'ook maar nie geweet het nie'

Pa jy het in jou haastigheid toe jy Doreen kom haal het gevra ek moet jou sommer maar hier op my blog antwoord.
Hier is jou antwoord...

Ja, sy probeer om jou ouerlike gesag uit te daag, maar heimlik hoop en bid sy tog dat die mure van die fort sal bly staan!
Sy is inderdaad op hierdie stadium n voortdurende toets vir jou senuwees, maar tegelyk n opwindende toets vir jou menslikheid.
Ek verstaan dat sy soms uitputtend is, n beproewing self... maar dit my liewe vriend, mag jy vir niks ter wereld misloop nie!
Moet nooit vergeet dat sy bo alles MENS is nie!
Sy is hipersensitief oor waardes soos egtheid, regverdigheid en opregtheid!?
Een van haar groot probleme is dat sy moet leer om haar ordentlik en beskaafd te gedra... en dit terwyl baie min mense rondom haar n poging aanwend om dit self te doen!
Jy verwag van haar dat sy haar ten alle tye volwasse sal gedra, en dit terwyl AL DIE VOLWASSE PERSONE IN HAAR LEWE HULLE KINDERAGTIG GEDRA!

Nou is dit maar eenmaal so dat TWEE verkeerde houdings nooit n probleem oplos nie!
En daarom moet jy die ouer, die ryper en volwasse party, die leiding neem in die uitstryk van julle probleme.
Hou asseblief in gedagte dat sy op hierdie stadium van haar lewe, op soek is na n eie identiteit...
En al lyk sy vir jou op hierdie stadium na n driebeenpot op twee bene moet jy haar deur die stroomversnellings van haar tienerjare help... HIERDIE IS NIE ELKE TWEEDE VRIENDIN VAN JOU SE TAAK NIE! MAAR JOUNE!

As ek namens haar iets vir jou kon se; sou ek Thomas Hardy aanhaal;
i, a stranger and afraid
in a world i never made

8 comments:

  1. Naomi danki dat jy gister weer bereid was om te help. Moet erken dat ek hier met n baie rooi gesig gesit en lees het. Dankie ook vir die verwysing na die berader, ek het hom vroegdag gekontak en n afspraak gekry vir woensdag middag, sal jou op hoogte hou. Sy was minder dikbek gisteraand en vanoggend.
    Tot ons weer gesels.
    Retief

    ReplyDelete
  2. Hallo Nimsi,
    Skuus dat ek nou so hier van die kant af inspring, om met Retief te praat. 'n Baie belangrike ding wat jy nooit ooit moet vergeet nie is dat daardie kind so afhanklik van jou liefde en aandag is dat daar dalk uitroepe van hulp in haar gedrag skuil. Spandeer kwaliteit tyd met haar en kommunikeer met haar. Dit is moeilik want jy moet jou eie lewe lei, maar Doreen is nou eintlik die belangrikste persoon in jou lewe.
    Skuus as ek wreed of hard klink.
    Sterkte daar

    ReplyDelete
  3. Hello Oom Petrus, Dankie ek het so gehoop jy sal my bietjie help hier. jy weet mos van al my spoke wat ek saamdra en daarom is ek maar skrikkerig om n opinie te los.
    Nimsie

    ReplyDelete
  4. Doreen -- onthou net: jy is uniek, daar is net een van jou. Word die beste jy wat jy ooit kan wees (en net jy kan besluit, en dit dan uitvoer).

    Dankie vir almal wat vir Doreen omgee -- Nimsi, baie wyse woorde.

    ReplyDelete
  5. Nimsi die feit dat daar iemand is wat na haar luister is al klaar 'n blessing en al het jy niks gese nie, jy was/is daar vir haar!

    ReplyDelete
  6. Baie dankie vir al die ooms en tannies wat hier vir my kom omgee het maar meeste van almal baie dankie Tannie Naomi vir alles, dankie vir al die kere wat tannie al saam met my gehuil het. Ek is baie lief vir tannie. Tannie is n Engel tannie.
    Doreen

    ReplyDelete
  7. Ag... nou tjank ek sommer soos ek hier sit. Vasbyt Doreen, jy is verseker nie alleen op jou tienerpad nie... en Retief, ek bid vir jou vir wysheid. Nims jy is kosbaar. Dis baie wyse dinge wat jy hier kwytgeraak het. Ons as ouers kan dit maar almal lees

    ReplyDelete