Wednesday, January 14, 2009

Laat die kindertjies na my toe kom...


Die TV program gisteraand oor "Baba Michael" het my tot in my diepste wese geskok en onstel!
As ek vanmore daaroor moes praat in plaas van skryf, sou ek nie n woord kon uitkry nie, so groot is die knop in my keel...

Drie maande oud gewees toe hy so erg mishandel is dat hy vir die res van sy lewe n invalide sal wees...
Mishandel deur die ouerhande wat hom moes versorg, vertroetel, beskerm...
In sy eie ouerhuis so wreed verniel, die huis waar hy moes veilig wees, waar hy versorg en gekoester moes wees!
EK MOES NOOIT HIERDIE PROGRAM GEKYK HET NIE!!

Die ergste was toe hulle die mamma wat gehelp het om hierdie ou seuntjie so te verniel, op die program bring met haar twee nuwe baba's... en tane in haar oe!
Vader vergewe my asseblief vir dit wat in my hart omgegaan het terwyl daardie vrou haar tranerige storie vertel het!


Toe hierdie baba die eerste keer in die hospitaal opgeneem en behandel is vir gesigbeserings het die dokter dadelik mishandeling vermoed en dit gerapporteer, die baba is egter weer aan die ouers terug gegee...
en nou versorg, voer, vertroetel en vertroos vreemde hande hom!

Miskien huil ek vanmore nie net oor klein Michael nie maar oor al die ander hulpelose kindertjies wat se swaarkry en seerkry onder die mat ingevee word en waarvan die wereld nooit eers hoor nie!
Miskien huil ek vanmore oor al die grootmense wat nog steeds worstel met hulle kinder seerkry.


8 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Ek het self nie die program gekyk nie. Die Here verwag dit van grootmense om kindertjies te laat veilig voel en mooi na hulle te kyk. Jy kan nie kwalik geneem word dat jy so voel nadat jy die program gekyk het nie
    Sterkte
    OP

    ReplyDelete
  2. Nims, vanmore kan ek jou nie met 'n sinnetjie of twee antwoord nie. So maklik kan dit prekerig of moralisties klink. Ons geslag is niks anders as die Bybelse mense wat hul kinders aan afgode geoffer het nie -- kindermishandelaars se afgod is ook selfsug en selfgelding.

    Maar ek is so dankbaar jy is 'n kind van God; en Hy weet alles, en Sy GENADETYD vir sondaars om hulle te bekeer, ook van kindermishandeling, gaan uitloop, en betaal, sal daar betaal moet word.

    Hy weet van alle seer, ook waarvan g'n mens weet nie. Hoor ons Hom fluister: "Kom (weer en weer en weer) na My toe..."

    Liefde vir jou, m

    ReplyDelete
  3. Ek kon natuurlik ook nie die program kyk nie, maar dis ook 'n saak waaroor ek sterk voel Nimsi en ek verstaan daai gevoel in die hart waarvan jy praat.

    ReplyDelete
  4. Oom Petrus, mariki en Sandra
    Hierdie was die wreedste iets wat ek ooit aanskou het.Willie is nie n emosionele mens nie maar selfs hy het hardop gehuil oor hierdie ou seuntjie!
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Ja, en dan is dit maar die paartjies waarvan ons hoor. Maar daar is duisende van hulle. Laat ons maar by Jesus gaan huil en intree vir hierdie mensies (en hul mishandelaars).

    ReplyDelete
  6. Dit was vreeslik en ek was ook heeltemal onstabiel nadat ek dit gekyk het! Dis wreed en ek is baie baie kwaad vir daardie ma, mens kan nie bang wees waar dit by jou kind kom nie. Ons weet almal dat jy kragte van bo kry om jou kinders te beskerm, soos dit veronderstel is om te moet wees.

    Ek is baie hard waar dit by kindermishandeling kom, jy moet maar verskoon Nimsi!

    ReplyDelete
  7. Muriel,
    Ek voel presies dieselfde, as ek darem daardie ma "onder Hande" kan neem sal sy NOOIT OOIT WEER kan VOORTPLANT nie!
    Nimsi
    Bly om te sien jy kon n bietjie "pouse" vat by die werk.

    ReplyDelete
  8. Hi Nimsi, Ek het sommer 'n klomp mooiste inskrywings gemis. Ek gaan nou dadelik 'n link na my blog maak. Kindermishandeling is verskriklik. Dis genoeg om enige mens van jou spoor af te dwing.. Ek stem saam, mens se hart breek sommer vir al die kinders oral in die wereld wat hulleself nie kan verdedig nie.

    ReplyDelete