Tuesday, January 27, 2009

Vriendskap


Die meeste van ons is geseen met baie vriende. Ons het egter meestal slegs n paar "hegte" lojale vriende. Hulle is soos soet parfuum: dit vervaag nie en bly in die lug hang!
Snaaks hoe sogenaamde vriende verdwyn die oomblik as dit met jou begin sleg gaan... jy hoor skielik vir maande niks van hulle nie; indien jy hulle wel aan die hande kry of raakloop is die antwoord gewoonlik: "ons is so besig"

Ek het n paar mense van alle ouderdomme gevra om hulle beste vriende te beskryf: Hulle beskrywings was soos volg:
Vriende is onder andere -
*liefdevol
*versorgend
*getrou
*eerlik
*empaties
*mededeelsaam
*ontvanklik
*betroubaar
*vrolik
*lojaal

n Paar vriendskappe vol omgee hou lewenslank, ons paaie vleg in-en-uitmekaar soos n tapisserie. Ander vriendskappe word onderbreek deur tyd en afstand, maar wanneer ons dit hervat, voel dit of ons net aangaan waar ons opgehou het...
Twee vriende wat werklik vir mekaar omgee, het n onuitwisbare invloed op mekaar. Deur die insette wat hulle lewer, vorm hulle mekaar. Ware vriende sien kans om mekaar tereg te wys as dit nodig sou wees...

Vroue kan nie sonder vriendinne klaarkom nie... Vrouevriendskappe is immers baie werd... of is dit? Vrouevriendskappe kan baie deurstaan, maar dit kan ook baie broos wees. Ons vroue hanteer meestal ons vriendskappe soos glas, maar dikwels bly net die skerwe van n vriendskap oor...
En na so n verwoeste vriendskap vra n mens jouself dikwels, was hierdie vriendskap n kosbare snoer perels of slegs n string goedkoop plastiekkrale?

5 comments:

  1. Nimsi,
    Jy is reg, goeie vriende, nee spesiale vriende is goud werd en ons moet die Vader dank as ons sulke ware vriende het.
    Exo 33:11 Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek.... Hier is 'n bewys dat 'n vriend 'n vertrouensposisie beklee.
    Geniet jou dag

    ReplyDelete
  2. Ons het hierdie week met die tieners gedoen hoe beinvloed vriendskap jou verhouding met God en het hulle interessante antwoorde gehad :-).

    ReplyDelete
  3. Sooo waar, Nimsie. Dis iets waaraan mens moet werk (so op die koester manier), maar dis soete vrugte wat mens pluk.

    ReplyDelete
  4. My vriendskappe is vir my baie belangrik en ek koester dit. Ek kies my vriende versigtig daarom kan ek eerlik sê dat ek die beste vriendinne in die wêreld het!!
    Al is ons myle van mekaar weg, bly ons nogsteeds daar vir mekaar! "The wind beneath my wings"

    ReplyDelete
  5. Ek bid om 'n vriendin te wees wat ander nie in die steek laat wanneer hulle in die nood is nie en nooit besig wees as verskoning te gebruik nie. Dankie vir jou Nimsi

    ReplyDelete