Wednesday, January 21, 2009

Verraai Jouself...

Raak my ou balkonnetjie toe mos gister te klein vir my en die twee potplantjies...

En besluit ek maar om te gaan winkels kyk en stap of eerder 'drentel' ek deur die plastiekwinkel - so n regte lekker rondsnuffel winkel hierdie -

By die ingang van die winkel, lui die man wat voor my loop se foon... soos n toilet wat spoel...

Net lekker aan die snuffel, gly n vrou op iets wat op die vloer le - verloor haar balans, maar slaag net betyds daarin om haar balans te herwin en nie te val nie. Toe sy weer vas op haar voete is, se sy net "Prys Die Here" en stap rustig verder.

So by die halfmerk van my snuffeltog laat val n man n meelblik - (so n regte outydse blik meelblik) se net "O F*K" en loop kwaad-kwaad verder...

In al drie hierdie gevalle het ek net n sekonde van insae gehad in hierdie persone se lewens...
Snaaks hoe min woorde n mens nodig het om n groot deel van jou binneste te verklap!

11 comments:

  1. Nimsi,
    Jy slaan die spyker op die kop. Die nerfie van "beskawing" is maar bitter dun en skaaf maklik deur
    Groete

    ReplyDelete
  2. So 'n ruk terug was ek in Woolworths se onderklere afdeling toe 'n ouerige vrou vererg haar tong klap en so in die wegloop sĂȘ: Hierdie k.. ou Voortrekker bra's wat jy in SA kry! Ek dink ek moes my mond weer toedruk want hy't oopgehang. En toe's dit vir my so snaaks dat ek net aan die lag wou gaan maar ek kon nie, want ek was alleen!!

    En so by myself wonder ek toe of die tannie dan haar onderklere in Parys, Frankryk koop!

    ReplyDelete
  3. Dis waar!! en soms is woorde nie eers nodig nie!
    x x

    ReplyDelete
  4. Oom Petrus, en net hoe dun besef n mens nie elke dag nie.

    Thea, sal ek ook nou graag wil weet hoe so n voortrekker bra lyk... dit is dalk net moontlik dat ek een van daardie's dra...

    Muriel, net so vriendin, net so!

    Groete
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Dis baie waar Nimsi!

    Ek wonder oor daai vrou waarvan Thea vertel ... hoe oud moet mens wees om 'n Voortrekker-bra te herken?

    ReplyDelete
  6. Fyn het jy opgelet en die waarheid toegepas hier!

    ReplyDelete
  7. Sandra, ek is diep bekommerd oor daardie "model" jongie... hoop tog nie ek dra een daai nie!

    Hello mariki

    ReplyDelete
  8. Snaaks wat net 'n paar sekondes kan doen om 'n ander mens partykeer te kan "lees"

    ReplyDelete
  9. Hello Zee,
    en die mense besef glad nie eers hoe hulle hulself verraai nie...

    ReplyDelete
  10. Daar was niks Voortrekkeragtig vir my aan daai bra nie! Inteendeel!! Dis hoekom ek nou nog wonder watse bra's die tannie dan dra en waar sy dit koop! LOL!!

    ReplyDelete
  11. Dankie tog Thea, ek was diep bekommerd jongie!
    Nimsie

    ReplyDelete