Wednesday, January 7, 2009

Onthou jy nog?

Lank, lank gelede, voor TV speletjies en dwelms...

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park of saans, van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinners as dit 'alie' tyd is by die skool; touspring, klippie en 'handstands' donkie en krieket in die groot agtertuin.
Haas Das se nuuskas vroegaand, swem in die rivier, kamp op die strand, n swaai gemaak van tou en tamatiekasplankies vir sitplek aan die groot appelkoosboom, rugby op die oop stuk veld, tennis in die straat.

Die ruik van koekies wat bak uit die kombuis, gemmerbier in die spens, kougom vir n sent en roomys by die kombi met daai eentonige deuntjie.
Wag, wag kan jy nog onthou, toe om die hoek ver was, toe jy nog moes was en aantrek om saam te gaan dorp toe.
Honderde muskietbyte, stukkende kniee en repe vel afdop in die somer...
'Cowboys en kroeks' 'rounders' 'foefie slide' boomklim en modderkoekies bak

Skooltoe loop of fietsry ongeag die weer. Jaagtertjie speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk dronk val. Moeg en vuil gespeel... onthou jy nog?

Waterbomme en kleilat was jou grootste wapens. n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing...
Ek's nog nie klaar nie...
Kan jy nog proe en ruik, die droe jelliepoeier uit die pakkie, of droe milo vir sjokolade, yslollies in tupper houertjies gevries van aanmaakkoeldrank, jou eie suurpoeier gemaak van versiersuiker en eno's, borrels blaas met seepwater en n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel, wilson en pienk toffies, taai malvalekkervissies en laaang stukke 'liquorish' of 'drop'

Dit was nie vreemd om 2 of 3 beste maats te he nie. Niemand het betaal vir n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 50c vir sakgeld of die kermis gekry.
Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.
Die lekkerte van by die padkafee gaan eet-
Niemand het n wenkbrou gelig as enige ouer n kind berispe of in die werk steek nie
Almal op die werf is etenstyd kos gegee...
en toe ons nog bang was vir wat pa daarvan gaan se.

Onthou jy nog toe besluite geneem is met 'eeny-meeny-miney-mo'
Geldsake was net in monopoly
Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme
Gevang met n wapen by die skool was die BIC pen 'pea-shooter' waarmee jy die klasmaats probeer piets het, of dalkies n kettie op die speelgrond.

Verdowingsmiddels het beteken; melk van megnesia of lewensessens.
Roomys was kos en moed is ontdek as iemand jou 'dare'
Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers!

As jy die meeste van die dinge onthou, dan het jy G E L E W E

13 comments:

  1. Jy het my nou ver teruggeneem Nimsie :-) dankie! Ek onthou alles!!

    ReplyDelete
  2. Nimsi, dis nou een van daardie stukkies wat ek wens dat EK dit geskryf het! En ja, ek weet die Spreukedigter noem dat diegene wat na vroeƫre tye as "beter dae" verwys, is nie wys nie. Maar ek is in 'n groot versoeking om van hom te verskil!

    ReplyDelete
  3. Lekker tye gewees ne Sandra, hoe baie mis vandag se kinders tog!
    Nimsi x

    ReplyDelete
  4. Net so vriendin, net so! Mariki ek wens weer baie dae ek het jou talent gehad.! My soektog na regte "daai-tyd" se liquorish get hierdie stukkie ge-inspireer.
    Mooi dag
    Nimsi x

    ReplyDelete
  5. Ek onthou!!!! Ek was ook op so memory trip gewees op my wordpress blog.

    Jy is reg ons het gelewe en dit was wonderlike tye!!

    ReplyDelete
  6. Hi Muriel, ja dit was inderdaad wonderlike tye! Het jou stukkie gelees van jou "memory trip". Lekker gelag ook daar, veral toe ek terugdink aan die bruin "koffieblik" ornamentjies!
    Wat gaan aan op jou blogspot blog, hoekom gebeur daar niks?
    Nimsie

    ReplyDelete
  7. Goeiedag Oom petrus, jammer ek kom nou eers terug na oom toe maar ek het nie my eie rekenaar nie, ek doen baby sitting vir sakgeld en dit is net by hierdie huis dat ek die internet mag gebruik. Dit gaan baie goed met my pa hy is die 2de desember weer geopereer in pretoria en hy is nou al amper gesond, hy was gelukkig om die tweede operasie te kon kry want daar was al klaar tekens van kangreen in sy heup. Ek hou baie van hierdie blog, skryf oom hierdie blog of wie?
    Hester

    ReplyDelete
  8. Haai Nims,
    Dan het ek darem ook gelewe.
    Pragtig.
    OP

    ReplyDelete
  9. Dankie Oom Petus!
    Liefde daar vir skoonsus en Hugo.
    Naomi xx

    ReplyDelete
  10. Hello Nims ek kan nie op daardie adres wat jy vir my gelos het op Oom Petrus se blog inkom nie. Help asseblief!

    ReplyDelete
  11. Het vir jou n e-pos gestuur met die besonderhede.
    Nimsi

    ReplyDelete
  12. Baie dankie, ek gaan nou daar begin lees! :)

    ReplyDelete
  13. Hi Nimsi, jy skryf lekkerlees blogs..:-) Ek het elke ding wat jy skryf deurleef. Dit was inderdaad die goeie ou dae.

    ReplyDelete