Friday, January 16, 2009

Gebed vir ons land

Hemelse Vader,
baie dankie vir die mooi land waarin ons mag woon,
U weet hoe baie probleme hier op die oomblik is
en dat die meeste mense van ons reenboogland ongelukkig is.
Tog weet ons dat daar tog n oplossing vir daardie probleme is
U is die enigste haalbare oplossing, Here.
Daarom vra ek dat U ons land en sy mense sal seen
dat ons weer na U sal terugkeer
dat ons berou sal toon vir al die verkeerde dinge waarmee ons besig is
dat ons tot U sal bid en weer U wil sal doen
sodat U uit die hemel sal luister, ons sonde sal vergewe
en ons land sal herstel.
Maak elke inwoner van ons land n nuwe mens -
iemand wat U dien en liefhet, vir ander mense omgee
en werklik n positiewe verskil wil maak
en begin asseblief by my Vader.
Gee dat ek gewillig sal wees om deur U verander te word
sodat ek al hoe meer soos Jesus sal word.
Amen

4 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Dit is tog so waar, dat ek moet verander sodat verandering ook in andere kan kom. Daardie verandering in ons lewe kan net deur die Here kom. As interpersoonlike verhoudings uitgesorteer is. Dink net hoe wonderlik dit sal wees om in hierdie land te woon.
    OP

    ReplyDelete
  2. Amen! As ons Hom en ons naaste lief het met alles wat ons het, en soos ons liefgehe wil word, sal dinge in ons land en in die wereld beter word!

    ReplyDelete
  3. Baie mooi! En ek stem, ek is lief vir my land en wens, bid en hoop vir positiewe verandering!

    ReplyDelete
  4. En amen... so maklik om ander reg te bid, maar anders as ons by onsself begin.... vergewe ons vir al die verkeerde dinge wat ons doen en U hart breek Vader sodat ons beter kan wees vir U en vir mekaar...

    ReplyDelete