Thursday, January 8, 2009

Penvriende

As jong meisie al was ek baie lief vir skryf en het ek n goeie klompie penvriende gehad.
Laaang lekker geselsbriewe geskryf, sommige van daardie mense nooit persoonlik ontmoet nie, maar baie,baie goed geken...!

Ek het ook ver van my ouers gewoon - hulle in die karoo (Steynsburg) en ek in Secunda, en so het ek en my oorlede ma ook heerlik per brief gekuier - (het nou nog van haar briewe)
Kry ek vroer die week so n lekker lang geselsbrief van tweelingsus per e-pos... so n lekker brief dat ek dadelik weet wat in haar hart aangaan, hoe sy dink en voel!
En dit laat my toe dadelik wonder of mense nog per brief kommunikeer...?

Met die afgelope feestyd het ek talle sms'e ontvang... (24,25 en 31 Desember en 1 Januarie) het my foon behoorlik "gegons". Weer besef ek: Ons leef in n tyd van maklike kommunikasie.
Talle van die sms'e wat ons met sulke geleenthede vir mekaar stuur is baie oulike boodskappe, maar ons "forward" dit bloot vir mekaar, ons kom nie meer regtig in diepte by iemand uit nie. (weet iemand miskien wat het van kerskaartjies geword?)
Met die een mooi sms wat ek aanstuur, glo ek dat ek my verbintenis met die persoon bevestig het, maar hoor daardie persoon ooit nog enige iets uit jou hart uit.

Ons sms, e-pos, skype, noem maar op, maar weet ons nog regtig wat gaan aan in n ander persoon se gemoed, weet ons regtig nog wat leef in n ander persoon se hart?....

13 comments:

  1. Jy gee my baie om oor na te dink.

    Ja ek e-pos, skype en sms deesdae. Geen brief skryf meer hier nie.
    Ek en my vriendinne kan lekker lang gesels briewe vir mekaar e-pos.
    Ek maak darem gereeld skype oproepe om hulle stemme weer te hoor dis ook lekker om die gesiggies op rekenaar skerm te sien.
    Sommiges is oor die water!

    Ek hoop net dat ek regtig nog weet wat in my familie en vriende se gemoed aangaan!

    Oor Kerskaartjies, ek gee kerskaartjies saam kersgeskenke, maar dit word nie meer uitgepos nie.

    Laat ek waai ek wil nou eers hieroor gaan snoop en uitvra, sodat ek dinge hierdie jaar kan verander!! Miskien meer kere oproepe maak. Want ek glo nie mense sal my briewe terug antwoord nie, hulle ken nie meer van brief skryf nie.

    Mooi bly

    ReplyDelete
  2. Sal baie bly wees as jy n ietsie meer hieroor kan se op een van jou blogs.
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Ek en my vriendinne het 'n paar jaar terug toe ek hier aangekom het, nog met slakpos gekuier, en daai weke van wag was iets ysliks en die ontvang van die brief iets wonderliks. Maar epos het dit vinniger en makliker gemaak. Toe my beste maatjie nog in SA was het ons partykeer 6 eposse heen en weer gestuur soos ons alles met mekaar gedeel het. Nuwe tegnologie het oorgeneem maar daar is ook voordele aan verbonde. Ek vind dat kinders makliker sal deel en die tannie vertel as hulle dit met epos kan doen of sommer net 'n sms om te se tannie bid vir my ens. En die mense met wie ek weekliks epos - ons praat diep dinge :-). Daar is 'n paar mense wat wel nog elke jaar van my geposte kerskaartjies kry, maar nie almal nie want ek weet nie altyd kom dit by die regte plek voor Kersfees uit in SA nie. Maar Nimsi ek moet se 'n lekker handgeskrewe briefie (ek het 'n vriendin in die Bosveld, wat altyd ietsie van die omgewing insluit soos 'n tarentaalveertjie ens) is die lekkerste!

    ReplyDelete
  4. Ai toggie Sandra en daardie briewe van die GRENS af... sal n mens dit ooit vergeet?
    Lekker bly
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Ware woord, hierrie. Ek stuur en ontvang gereeld diep geselse, maar met blitspos (neukenaar). 'n Ander aspek is dat die kanse vir misverstaan natuurlik heelwat groter is weens juis die onpersoonlike formaat en vinnig lees! Ek moet byvoeg, ek kan nogal tussen die lyne lees (en soek daarvoor!), en bestee regtig tyd aan dit wat ek ontvang -- ook blokpos.

    Kerskaarte? Ja, stuur nog 'n paar, maar pleit verder onskuldig -- Jan Taks het die res van ons geld ge....steel (en had nie eens die ordentlikheid om aan ONS 'n ou kleine kerskaartjie te pos nie...)

    ReplyDelete
  6. Hello Mariki, ag jongie ek luier maar die afgelope week n bietjie in gister de dinge rond! Ek self skryf geen briewe meer nie, nie eens besigheids briewe, e-pos maar alles.
    Lekker dag
    Nimsi

    ReplyDelete
  7. Skuld jou nog 'n reseppie of wat.
    Hierdie ene is baie eenvoudig, miskien het jy hom selfs. Lekker eet!

    BAKED CHICKEN WITH RICE (DIABETIC)

    1 c. cooked rice
    1 pkg. onion soup mix, divided
    6 chicken breast halves, skin removed
    1 (10 3/4 oz.) can cream of mushroom soup
    1 1/2 c. water
    1/8 tsp. pepper

    Spread rice evenly in bottom of 9 x 12 inch nonstick baking dish. Sprinkle with 1/4 onion soup mix. Place chicken on top of rice. Add remaining onion soup mix combine mushroom soup, water, and pepper. Pour soup mixture over chicken. Cover and bake 165C degrees for 2 hours or until done.

    ReplyDelete
  8. Hello mariki,
    Dankie vir jou besorgdheid ek wardeer dit baie, my slegte slaappatroon kom al n baaaaie lang tyd soms slaap ek met tye darem so 5ure per nag, ander kere weer baie minder. Baie dankie vir die reseppie,raai wat eet ons vanaand?
    Lekker bly
    Nimsi

    ReplyDelete
  9. Hello Nimsi!! Net gisteraand sê ek vir my man hoe wonderlik dit is! 'n Vriendin het amper 'n uur lank met my telefonies gesels uit Kanada en was baie hartseer oor haar hondjie wat 15 jaar oud was en 3 dae gelede dood is, en toe ons klaar gepraat het, is daar 'n e-pos van 'n vriendin uit Delft, Holland met 'n foto by waar sy na haar dogter se huis toe geyskaats het!! Ek het oral in die wêreld vriende en die internet maak dit só maklik om in verbinding met hulle te bly!

    Ek is nie baie lief vir SMS'e stuur nie. Verder is e-posse goedkoper en vinniger as brief skryf en alhoewel ek maar lui is om e-posse terug te antwoord, maak ek deesdae 'n punt daarvan, as die tyd dit toelaat bygesê, om dadelik terug te skryf as ek 'n e-pos ontvang.

    ReplyDelete
  10. Hello Thea, ja dit is waar, die nuwe tegnologie is tog baie makliker en geriefliker as in die ou posduif tyd ne!
    Dankie vir jou inloer, altyd lekker om van jou te hoor.
    Nimsi

    ReplyDelete
  11. Hi Nimsi

    Ek het met my vriendinne gepraat en almal sê e pos en skype is beter as slakpos! Hulle wil weet wat gaan met my aan? Huh? Wil hulle dan nou nie eers sien hoe mooi kan ek skryf nie!! he he

    Groete

    ReplyDelete
  12. Hoe swaar dit ook al vir my is om van die ou dinge ontslae te raak... ek sal maar my skryfblok en pen MOET wegsit ne!
    Nimsi

    ReplyDelete