Friday, January 2, 2009

n Nuwe Jaar

(Pslm 90:14-15)

In Pslm 90 peins Moses oor die feit dat mense vergangklik en nietig is, maar God ewig is.
n Mens is soos gras wat in die more nog groen is wanneer dit afgesny word, maar teen die aand is dit verlep en verdroog. Hierteenoor staan God in sy almag. Vir Hom is duisend jaar soos n enkele wagbeurt in die nag. En hierdie almagtige God gee om vir elke klein nietige mensekind. Hy kom bied ons elke nuwe jaar, elke nuwe dag, sy liefde in oorvloed aan, sodat ons, ons lewe lank mag juig en bly wees oor so n God.

Ons lewe hier op aarde bestaan uit n aaneenstrengeling van dae en jare, en elke nuwe jaar, elke nuwe dag is n nuwe begin, n geskenk uit God se hand. Elke nuwe jaar is vol unieke geleenthede, nuwe uitdagings en nuwe eise. Elke nuwe jaar is God se kinders verseker van sy liefde en trou. God gee ons n nuwe kans, n kans om verkeerdhede reg te stel, om te werk aan ons verhoudings, om probleme die hoof te bied.
Elke nuwe jaar kom bied God ons ook sy genade opnuut aan - en Hy belowe om ons sonde te vergewe as ons dit voor Hom bely.

As alles om jou in 2008 donker gelyk het, mag jy moed skep. Hierdie is n nuwe jaar. Hierdie jaar kan jy met God se krag weer nuut begin, en jou van voor af beroep op sy liefde en genade. Wanneer dit saans donker word, mag jy seker weet dat die lig van n nuwe dag weer na die donker sal kom. Daarom hoef jy nie moedeloos te word as dit vir jou in 2008 gevoel het asof God ver was nie. Jy mag soos die pslmdigter bly glo dat Hy jou swaarkrydae sal vervang met jare van blydskap.
Daarom kan jy en ek saam met die pslmdigter bid: Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe!

My nuwejaars gebed aan al die familie, vriende en blogvriende:
Mag 2009 waarlik geseend en vol liefde wees!

Hemelse Vader,
baie dankie vir die geskenk van n nuwe jaar
Dankie vir die vooreg om seker te kan weet u genade is my elke more van hierdie nuwe jaar nuut.
Gee vir ons asseblief vanjaar U liefde in oorvloed. Ek bid dat ons ook hierdie jaar U goedheid sal belewe.
Amen

2 comments:

  1. Dankie vir hierdie mooi inskrywing en gebed Nims!! Mag die jaar ook vir julle 'n nuwe begin wees, vol liefde en magic!!!

    Weereens soos laasjaar het ek besluit om hierdie jaar positief aan te pak! Soos Juanita du Plessis se liedjie, ek gaan hoog vlieg!!!

    Liefde

    ReplyDelete
  2. Dit kan mos net goed met ons gaan as Hy elke dag met ons is. Dankie vir die mooi inskrywing Nimsie.

    ReplyDelete