Na my mening twee towerwoorde... en n teken van goeie maniere!
Ek is die laaste tyd op n missie oor hierdie twee woorde...
Ek kom sopas terug van die winkels af en omdat ek net so twee keer n maand die kar het maak ek van my inkopie dae n avontuur, ek doen dit met vreugde en oorgawe.
Maar vandag het ek brom brom en verergd my inkopies gedoen.
Ek koop regtig baie lekker by hierdie betrokke winkel, groot spasies tussen die rakke, regtig groot spesiale aanbiedinge daagliks, alles waaraan jy kan dink kry jy hier onder een dak.
Hulle diabetes produkte is in groot verskeidenheid verkrygbaar...
...Maar die personeel in hierdie lieflike groot goed uitgelegde winkel is so nors en ongeskik soos kan kom! Kliente in hierdie winkel word regtig soos hindernisse in plaas van kliente behandel.
By die lieflike skoon reukvrye slaghuisafdeling staan ek langs n vrolike ouerige vroutjie, en sy vra vir bene
asseblief... die vrou agter die toonbank blaf, ja blaf vir haar dat hulle net murgbene het, hierdie was letterlik woorde, nie eers n sin nie, sulke kort-blaffende-woorde... n op en wakker slagtertjie vra toe aan die vriendelike vroutjie of hy kan help, sy vra toe weer vir bene
asseblief... hy stap direk na die afskorting waar die bene gehou word, haal n pakkie uit, gee dit aan die blaffende murgbeen om geprys te word...
baie dankie vir al jou moeite se die vroutjie aan die blaffende murgbeen toe sy die pakkie aan haar oorhandig.
Ek wil net n paar stukkie koue vleis koop, maar is te bang om te vra... nie te bang vir murgbeen nie, te bang vir myself as murgbeen dalk vir my sou blaf!
By die betaalpunte klets die kassiere so met mekaar, kliphard en ongeskik, en alhoewel ek nie n woord verstaan van wat hulle se nie, is ek seker hulle is besig om aanmerkings te maak oor die kliente en die "goodies" wat hulle koop.
Wanneer jy jou kleingeld ontvang, beteken jou
dankie vir hulle net mooi niks!
Ek het myself voorgeneem dat ek weer by hierdie winkel sal gaan koop... maar met n groot plakkaat voor my bors vasgespeld waarop iets soos die volgende sal staan:-
"Please note - a client is a person who at the end of die day pays the cashiers and assistants through the purchases she buys!
Clients = sales = salaries and wages!
Een klein ou Spar winkeltjie in Rustenburgweg, Wes Krugersdorp is waarlik n fees om by te gaan koop. Die personeel by hierdie winkel groet jou, vra hoe dit gaan en wens jou n lekker dag toe as jy klaar "geshop" het.
Wat n fees om gou daar in te draf! In hierdie winkel word elke
asseblief en dankie met n groot glimlag beloon!