Wednesday, April 8, 2009

Dis Paasfees

"Daar was n houtkruis, ja redder aan n houtkruis vasgeslaan..."
So sing Prophet in hulle bekende lied oor Jesus se dood. Die kruis is sy doodgaan - plek, finale alleenwees plek, vervloekings plek.
Niks mooi, vroom, of romanties speel op daardie verskriklike vrydag in die jaar 30 na Christus by die kruis in Jerusalem af nie.
God se seun moet aan n kruis sterf sodat ek kan lewe!

Vir my is Paastyd plek - inneem tyd daar by die kruis. Dis om in stilte daar langs Maria en die vroue te gaan staan. Dis om geskok - stil te raak in die wete dat Jesus dit alles om my ontwil verduur het.
Elke venederende lag, elke vloekwoord, elke spot, elke geselhou wat sy lyf uitmekaar geskeur het - alles vir my.

Die kruis laat my huil, skaamkry buig en in verwondering opkyk.
Die kruis staan om my ontwil daar. Daardie ou ruwe kruis is my paspoort tot lewe.
Ook as dinge rondom my donker lyk, dan skyn die kruis se lig helder in die donker.

Here Jesus,
ek kom buig stilweg voor U en my eie stukkie lof bring ek stamelend na U toe.
Dankie dat U gekom het om my groot seerkry weg te vat.
Saam met U engele loof ek U. Saam met al U volgelinge regoor die wereld aanbid ek U.
Gee dat my klein gebed U Naam sal grootmaak, want dit is my enigste strewe, my grootste wens.
Amen

Mag hierdie waarlik n geseende Paasfees vir julle en julle families/vriende en geliefdes wees.
Marius bederf ons met so n paar dae vakansie. Tot ons weer gesels... God Bless.

6 comments:

  1. Nims, dis 'n baie spesiale inskrywing. Baie geseende Paastyd vir julle en geniet die paar dae breuk terdee. Dis so wonderlike mooi spesiale tyd van die jaar.
    Liefde

    ReplyDelete
  2. Ek stem saam Charmaine! Spesiaal, en ek het geweet jy gaan vir ons 'n spesiale inskrywing los vir Paasfees! Dankie

    Here Jesus,
    ek kom buig stilweg voor U en my eie stukkie lof bring ek stamelend na U toe.
    Dankie dat U gekom het om my groot seerkry weg te vat.
    Saam met U engele loof ek U. Saam met al U volgelinge regoor die wereld aanbid ek U.
    Gee dat my klein gebed U Naam sal grootmaak, want dit is my enigste strewe, my grootste wens.
    Amen

    Geseënde Paasfees vir jou, jou liefie en geliefdes!

    Liefde
    M
    x x

    ReplyDelete
  3. Hi Nimsi! 'n Baie geseënde Paasfees vir julle ook en geniet julle vakansie!

    ReplyDelete
  4. Nimsi...

    'n Baie geseënde Paasfees fees vir julle ook.

    Geniet die wegbreek!

    ReplyDelete
  5. Dankie vir die spesiale inskrywing Nimsi. 'n Baie Geseende Paasfees vir julle.

    Liefde

    ReplyDelete
  6. Hallo Nimsi,
    Prys die Here vir daardie groot werk wat Jesus terwille van ons aan die kruis gedoen het, sodat ons kan LEWE
    Geseend vir julle

    ReplyDelete