Thursday, April 16, 2009

Wat is jou talent?

Om dit te weet moet jy jouself ken, jou natuurlike self verstaan.
Jy moet kan onderskei tussen wat natuurlik vir jou kom en wat vir jou moeilik is om te bereik en te voltooi.
Elkeen van ons is goed in n sekere iets. Jy moet egter nie begeer om te doen waarin iemand anders goed is nie.
Ons is almal unieke skepsels deur God gemaak. Daar is iets wat jy beter kan doen as enige ander persoon. Om talentvol te wees vra dat jy op dit sal fokus.
Om jou talente te ontwikkel moet jy n liefde en waardering vir die skone aankweek.
Om jou talente te ontdek moet jy jou visie verbreed, jy moet n gesonde selfbeeld ontwikkel.
Jy moet kies om talentvol te wees.
Woorde en denke het krag - komplimente kan inderdaad help om jou talente te ontdek of verder te ontwikkel.
Talente en persoonlikheid loop egter hand aan hand... en hierdie belangrike aspek word dikwels buite rekening gelaat veral waar jong kinders gehelp moet word om hulle talente te ontdek en te ontwikkel.
Ongelukkig word jou talente nie vir jou gegee met n begin - en - eindpunt nie, jy moet dit so ontwikkel sodat jy voel daar's altyd nog iets om te bereik.
Ontwikkel soveel talente as wat jy kan wees...
wees n sanger, digter, atleet, skrywer, huisvrou, moeder, bejaarde, vriend, man of vrou...
Ons kan dalk nie almal wenners wees nie maar ons kan almal ons bes probeer.
Om te woeker met jou talente beteken gewoon doen dit wat vir jou plesier verskaf goed, doen dit gereeld en doen dit met vreugde en oorgawe!

7 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Pragtige inskrywing. Ons sukses sal groter wees as ons alles wat ons doen, doen asof dit vir Jesus is.
    Geniet die dag

    ReplyDelete
  2. Hello Oom Petrus
    In vandag se gejaagde lewe kry ons so min tyd om aan ons talente bestee.
    Dankie vir jou inloer.
    Groete daar.
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Hierdie is 'n onderwerp waaroor ek verskriklik opgewonde raak! My man het op 'n tyd klasse aangebied by ons kerk oor "Ontdek jou gawes" en alhoewel dit iets verskillend is, is dit tog baie na aan mekaar. Ek wens baie keer dat mense net kan besef dat elkeen 'n talent gekry het. Party het meer as een gekry, maar dit waaroor jy passievol is in die lewe, dis waar jou talent lê. Konsentreer op dít waarmee jy goed is, dan sal jy ook goed voel oor jouself.

    Skuus Nimsi, ek wil nie jou blog oorneem nie, ek kan myself net nie keer as dit by hierdie onderwerp kom nie.

    Dankie vir hierdie lekker inskrywing!

    ReplyDelete
  4. Thea,
    jy is baie welkom om so bietjie oor te neem vriendin, ek voel daar is nog so baie te se en te leer oor hierdie onderwerp. Na my mening is jou Gawes maar net jou Geestelike talente, wens ek kan so iets bywoon.
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Dankie vir hierdie inskrywing - ek het my lewe lank minderwaardig gevoel omdat ek nie kan (wil) beskuit bak, borduur ens. nie, maar gelukkig openbaar die Vader al hoe meer aan my wat my talente is en nou fokus ek maar eerder op wat ek kan doen en geniet om te doen en wat ek weet ek goed kan doen, as op wat ek nie kan en wil doen nie. Maar dit het meer as 50 jaar gevat om by hierdie punt te kom!

    ReplyDelete
  6. Hallo jan en Miekie
    Ek het weer my lewe lank begeer om te kan borduur... maar ai tog, ek het twee gebreklike linkerhande as dir by borduur kom!
    Dankie vir julle inloer
    Nimsi

    ReplyDelete