Wednesday, April 15, 2009

...En Kritiek

Eina, dit maak seer!
Om deur die lewe te gaan sonder dat jy jou in die een of ander stadium teen n muur van hewige kritiek vasloop, is bykans onmoontlik...
En hiermee bedoel ek nie die gereelde stormpies van kritiek wat daagliks rondom jou kop losbars nie.
Nee, nou praat ek van skerp kritiek oor iets wat jy gese of gedoen het, of nagelaat het om te doen.
Dit is doodmenslik om te ontdooi wanneer jy lof ontvang maar heeltemal ineen te krimp wanneer kritiek uitgespreek word.

Kritiek is amper onvermydelik waar mense met mekaar in aanraking kom!
Ek persoonlik HAAT dit om iets of iemand te kritiseer en daarom probeer ek altyd onthou wanneer kritiek onvermydelik is... dat ek waardevolle kritiek moet gee en nie sommer net los aanmerkings nie!
Ek probeer altyd onthou dat kritiek NOOIT persoonlik gerig moet wees nie!

En wanneer ek aan die ontvangkant van kritiek is, herinner ek myself altyd dat kritiek geensins beteken dat ek as mens gefaal het nie...
Dit beteken doodeenvoudig dat ek iets gedoen het waarvan iemand nie hou nie, of wat hulle dink beter gedoen kan word...

8 comments:

  1. (((mariki)))
    So bly jy is weer met ons, het jou gemis vriendin.

    ReplyDelete
  2. Hi Nims

    Ek kan nogal erg stres oor kritiek. (ontvangkant) Ek dink dis omdat ek altyd te perfek probeer wees. So uiteindelik is dit 'n "flaw" Ek probeer dan ook werk om dit reg te stel.

    Oor kritiek aan ander uitdeel, ek doen dit nie as iemand dit nie verdien nie. Maar as ek voel iemand gedra hom sleg of kom ander mense te na. Wel ek kan nogal erg minora blades rondgooi met my mond. Nee dit is nie reg nie. Maar ek werk daaraan. Eendag as ek groot is ....

    Mooi bly
    Liefde
    x x

    ReplyDelete
  3. Muriel
    Die ontvangkant van kritiek bly maar vir my ook n groot pyn!
    X

    ReplyDelete
  4. Hallo Nimsi,
    Opbouende kritiek het nog net gehelp om iemand te verbeter. Afbrekende kritiek veroorsaak dat die stang vasgebyt word en die persoon nog meer dwars is

    ReplyDelete
  5. Dis waar Oom petrus
    ekself hanteer glad nie kritiek goed nie... iets waaraan ek beslis nog baie sal moet werk.
    Groete daar by julle
    Nimsi

    ReplyDelete
  6. Gits, ek glo nie enige een van ons hou van kritiek nie. Ek voel ook nogal soos Muriel daaroor. Ek is nogal 'n perfeksionis en stel hoë eise vir ander maar ook vir myself. Dis ongelukkig een van my foute maar ek werk ook hard daaraan.

    Ek het pas die boek "The Shack" klaar gelees en daar's nogal heelwat lewenslesse daarin opgesluit. Hierdie onderwerp word o.a. ook daarin aangeroer.

    ReplyDelete
  7. Thea,
    gaan verseker soek na die boek!
    Nimsi

    ReplyDelete