Thursday, April 23, 2009

Asseblief en Dankie

Na my mening twee towerwoorde... en n teken van goeie maniere!
Ek is die laaste tyd op n missie oor hierdie twee woorde...

Ek kom sopas terug van die winkels af en omdat ek net so twee keer n maand die kar het maak ek van my inkopie dae n avontuur, ek doen dit met vreugde en oorgawe.
Maar vandag het ek brom brom en verergd my inkopies gedoen.
Ek koop regtig baie lekker by hierdie betrokke winkel, groot spasies tussen die rakke, regtig groot spesiale aanbiedinge daagliks, alles waaraan jy kan dink kry jy hier onder een dak.
Hulle diabetes produkte is in groot verskeidenheid verkrygbaar...

...Maar die personeel in hierdie lieflike groot goed uitgelegde winkel is so nors en ongeskik soos kan kom! Kliente in hierdie winkel word regtig soos hindernisse in plaas van kliente behandel.
By die lieflike skoon reukvrye slaghuisafdeling staan ek langs n vrolike ouerige vroutjie, en sy vra vir bene asseblief... die vrou agter die toonbank blaf, ja blaf vir haar dat hulle net murgbene het, hierdie was letterlik woorde, nie eers n sin nie, sulke kort-blaffende-woorde... n op en wakker slagtertjie vra toe aan die vriendelike vroutjie of hy kan help, sy vra toe weer vir bene asseblief... hy stap direk na die afskorting waar die bene gehou word, haal n pakkie uit, gee dit aan die blaffende murgbeen om geprys te word... baie dankie vir al jou moeite se die vroutjie aan die blaffende murgbeen toe sy die pakkie aan haar oorhandig.
Ek wil net n paar stukkie koue vleis koop, maar is te bang om te vra... nie te bang vir murgbeen nie, te bang vir myself as murgbeen dalk vir my sou blaf!
By die betaalpunte klets die kassiere so met mekaar, kliphard en ongeskik, en alhoewel ek nie n woord verstaan van wat hulle se nie, is ek seker hulle is besig om aanmerkings te maak oor die kliente en die "goodies" wat hulle koop.
Wanneer jy jou kleingeld ontvang, beteken jou dankie vir hulle net mooi niks!

Ek het myself voorgeneem dat ek weer by hierdie winkel sal gaan koop... maar met n groot plakkaat voor my bors vasgespeld waarop iets soos die volgende sal staan:-
"Please note - a client is a person who at the end of die day pays the cashiers and assistants through the purchases she buys!
Clients = sales = salaries and wages!

Een klein ou Spar winkeltjie in Rustenburgweg, Wes Krugersdorp is waarlik n fees om by te gaan koop. Die personeel by hierdie winkel groet jou, vra hoe dit gaan en wens jou n lekker dag toe as jy klaar "geshop" het.
Wat n fees om gou daar in te draf! In hierdie winkel word elke asseblief en dankie met n groot glimlag beloon!

11 comments:

  1. Hello Nimsi,

    Goeie maniere het by die venster uitgewaai.

    Ek kom dit daagliks teê en weet jy wat, dit is wat mense van mekaar onderskei, net ons maniere.

    Jy mag geld hê, maar as jy nie maniere het nie, beteken alles niks. En sal ek in die toekoms verby hou.

    Ek kan identifiseer met hierdie inskrywing! Dit gaan orals so ongeskik!!! Ek kan dit nie meer hou nie!!!

    Liefde
    M

    ReplyDelete
  2. Net 'n uur terug het ek en Charmaine in 'n winkel gestaan en praat oor mense se ongeskikte houding en hoe dit almal rondom hulle affekteer. Ek dink hier is dit nog erger as by die huis en onder seker nasionaliteite erger as die ergste in SA! Mens moet maar net aanhou asseblief en dankie se, miskien vry dit af.

    ReplyDelete
  3. Muriel
    Hierdie is n situasie wat my warm onder die kraag maak! Ek dink nie ou murgbeen sal ooit besef hoe gelukkig is sy dat sy hierdie ronde vroutjie gister in stilte bedien het nie...

    Sandra, hierdie toestand is regtig n groot jammerte, ek weet nie of ek nou aan die "oud word" is nie maar die laaste tyd is dit vir my moeilik om te bly glimlag in die omstandighede!

    ReplyDelete
  4. Daar is mos iewers iets wat iemand geskryf het wat min of meer so gaan:" Ek loop net eenmaal die pad langs jou verby, kan ons nie van die gebeurtenis iets maak om te onthou nie".... dan laat ons 'n aangename geur agter... maak iemand se dag beter.

    ReplyDelete
  5. Nimsi – ooo jongie, hier raak jy nou ‘n teer puntjie aan!

    En wanneer jy weer daar gaan koop omrede van die goeie pryse en verskeidenheid, pantser jou gemoed vooraf en doen dit soos Jesus wil hê dit gedoen moet word. Ons het mos eintlik nie 'n ander keuse nie, né.

    Sterkte!

    ReplyDelete
  6. Charmaine en mariki...
    vriendinne, julle het nie vir murgbeen gister beleef nie!!!

    ReplyDelete
  7. Haai Nimsie, ek ken daai ou Spar in KDP-wes... Hy sit so op 'n hoek oorkant 'n bandeplek... (as my geheue my nie in die steek laat nie) Ons het sommer van Rangeview af soontoe gery omdat dit LEKKER was om daar te koop!!! As jy by daai plakkaat uitkom, maak maar vir my ook een asb!!!

    ReplyDelete
  8. Hello Pikkie,
    dis nou die einste Spar daardie! Willie se depo is in Oaklands op die plotte so ek moet regdeur wes-krugersdorp ry as ek hom by die werk gaan haal dan soek ek altyd n rede om gou daar in te draf!
    Lekker naweek vir jou
    Nimsi

    ReplyDelete
  9. Daar is niks mooier as ek vir Zeethan hoor vra "please" nie.... en dankie daarna.

    Nimsi, ek wonder of dit die gejaagde lewe is dat mense nie meer "tyd" het om asseblief en dankie te sê nie..

    ReplyDelete
  10. Hallo Nimsi,
    Ja hierdie diong van asseblief en dankie pla my al jarre. Maar weet jy ek het die woordjies asseblief en dankie aan moedersknie geleer. Nou wonder ek maar net......!

    ReplyDelete
  11. Hello Zee,
    n mens sou graag die gejaagdheid van die lewe die skuld wou gee, maar nee vriendin daar is geen verkoning vir ongeskiktheid nie! Om n mooi gebaar van iemand ander te ignoreer is na my mening ONVERSKOONBAAR!

    Oom Petrus,
    Ja, dit laat n mens nogals wonder ne...!

    ReplyDelete