Friday, April 3, 2009

Werkgewers en hulle werknemers

Meneer, ek verstaan heeltemal dat in die huidige ekonomiese toestand, jy ook in n krisis situasie kan beland! En ek het geen probleem daarmee dat wanneer jou maatskappy in n tydelike krisis verkeer dit my ook direk sal raak nie.
Al wat ek vra is dat jy my asseblief voor die tyd in kennis sal stel wanneer jy my net die helfte van my salaris gaan betaal. Neem net n oomblik en verduidelik die situasie aan my. Want jy sien Meneer ek moet huistoe gaan en my vrou gaan gerusstel, ek moet haar gaan verseker dat alles reg en onder beheer is.
Jy gaan net voort en sonder enige gerusstelling of verduideliking betaal jy net die helfte van my salaris uit.
Ek verstaan Meneer dat jy n diens lewer en dus ook op beloftes moet staatmaak om weer jou beloftes te kan nakom.
Ek glo dat jy nie verwag het om jou werknemers in twee dele te betaal nie...
of so dink ek maar Meneer, want jy se niks!
Se my Meneer as jy aan die anderkant van die tafel was, sou jy dit as billik beskou het?
Sou jou besluit om net stil te bly dan nog reg gelyk het?

My gedrag teenoor jou is te alle tye eties Meneer...
Ek voer my pligte eerlik, met integriteit en na die beste van my vermoee uit.
My gedrag is altyd onberispelik.
Ek behandel jou bates en eiendom asof dit my persoonlike eiendom is.

Jy sien Meneer, mense moet met my kan saamwerk om sake met jou te wil doen!
Wanneer ek alleen op die "sight" is Meneer en jy nie daar is nie, vertrou jy my om besluite te neem wat jyself in die betrokke omstandighede sou neem, besluite te neem waarmee jy gemaklik sou voel. Jy vertrou dat ek jou behoorlik sal verteenwoordig.

Etiek Meneer gaan oor hoe ons moet optree en wat ons gedrag moet wees, en dit gaan ook oor hoe en waarom ons moreel eerlik en reg moet optree.
Etiek gaan oor wat jy en ek doen Meneer.

Jy sien Meneer, daar is slegs een manier om mense te behandel, naamlik bilik!

4 comments:

  1. Ek stem saam om stil te bly in so n situasie is beslis onbillik en oneties!
    is julle okey? kan ons help met iets?

    ReplyDelete
  2. Ek kan nie glo dat werkgewers so iets kan doen en daarmee wegkom nie. Sulke tye moet mens baklei vir wat reg is.

    ReplyDelete
  3. Jinne Nims, dit is baie erg. Mense kan dit mos nie aanmekaar doen nie? Ek dink aan julle. Hoe kan ons help?
    Liefde

    ReplyDelete
  4. Hallo Julle almal,
    die situasie is gelukkig reggestel oor die naweek. Dankie vir elkeen van julle se bekommernis en aanbod om te help. Moet se dit was nogal n nagmerrie van n paar dae.
    Liefde
    Nimsi

    ReplyDelete