Tuesday, April 28, 2009

Wonderlik Gemaak!

Ongelukkig het ek nooit biologie op skool geneem nie, maar hoe meer n mens van die menslike liggaam weet, hoe duideliker besef jy presies hoe wonderlik jy deur God geskep is en hoe ongelooflik elke deeltjie van die menslike liggaam saamwerk.
Met die lees van Philip Yancey en dr Paul Brand se boek Na God se beeld was ek letterlik sprakeloos toe ek die hoofstuk oor die liggaam se senuweestelsel klaar gelees het.
Ek het vir meer as n week in n dwaal rondgeloop. Telkens as ek oor al die ongelooflike nuwe feite wat ek geleer het, nagedink het, het dit elke keer vir my gevoel asof ek op heilige grond staan. Ek was/is oneindig beindruk deur die grootheid van die Skepper-God wat die mens inderdaad "net n bietjie minder as n hemelse wese" gemaak het.

Neurone, verduidelik Yancey, is die belangrikste kommunikasie-eenheid van die menslike liggaam. Reeds by geboorte is daar 12 miljard van hierdie neurone, wat gereed staan vir aksie, in die liggaam teenwoordig. Alle ander selle in die liggaam sterf elke paar jaar en word dan deur nuwes vervang, maar nie neurone nie. Hulle is die liggaam se geheuebank en dra boodskappe na en van die brein. Vanaf die neurone strek die dendriete (dun kantagtige uitsteeksels) tot by die liggaamsdele vanwaar hulle die impulse moet oordra. Hierdie dendriete is so inmekaarverweef dat dit selfs met n mikroskoop onmoontlik is om te sien waar een eindig en n ander een begin.
Tussen elkeen van die 12 miljard neurone is daar weer n definitiewe gaping wat n sinaps genoem word.
n Enkele breinneuron kan tot 80 000 aparte verbindings he, en wanneer n sein daardie motoriese neuron tot aksie stimuleer, kom duisende senuweeselle in die omgewing dadelik tot n gereedheidsgrondslag. n Enkele senusel kan tot 1 000 aparte impulse per sekonde dra - met n pouse tussen elkeen.
Elkeen van hierdie impulse word deur die brein gemonitor en deur sowat 10 000 sinaptiese verbindings langs die pad beinvloed. Omdat die brein onmoontlik elke besluit in die liggaam direk kan beheer, word baie situasies deur n betroubare refleksstelsel hanteer. Reflekse is ingebou en onveranderlik - dus sal jou knie altyd in die lug opskiet as daar op die sening onder jou knie getik word. Die oog knip refleksief, n mens sluk refleksief en jou speeksel word refleksief vrygestel.

In die breinstam is daar nog n beheersntrum waar outomatiese funksies soos asemhaling, spysvertering en hartklop gereguleer word. Net om asem te haal, verg die samewerking van 90 verskillende borsspiere. Die hoogste hierargie van die senustelsel is in die serebrale hemisfeer van die brein gelee - dit word baie goed deur die kopbeen beskerm, omdat dit ekstra kwesbaar is. Hier is daar 10 miljard senustelle en 100 miljard gliaselle (hulle verskaf die biologiese "batterye" vir die breinaktiwiteit) wat almal in n jellieagtige massa dryf, terwyl hulle inligting sif, geheue stoor, bewussyn skep.
Die finale besluit wat die spiere en beweging beheer, is in die enkele neuron wat die spiervesels beheer, opgesluit. Die selliggaam van die neuron ontvang n hele hoop prikkels vanaf die senuwees, opdragte stroom vanaf die brein daarheen - maar dit is die neuron wat besluit watter van hulle uitgevoer gaan word.
Die mikroskopiese rekenaar in elke senuweefsel stel die bedoelings van die brein vas, bepaal in hoe n mate pyn, of uitputting onderdruk word, en stuur dan n "ja" of n "nee" aan sy spiergroep.
Voorwaar ongelooflik! Hoe groot is die God wat elke mens met soveel presisie "aanmekaargeweef" het!

Hemelse Vader,
die manier waarop U my gemaak het,
slaan telkens my asem weg!
Dankie dat ek kan sien, hoor, ruik, proe en voel.
Dat ek kan dink en droom, besluite kan neem en U kan aanbid en liefhe.
U het my inderdaad op n wonderbaarlike wyse geskep.
U het my volgens U volmaakte beeld gemaak, Here.
Gee dat ek nooit sal ophou om verwonderd te wees oor die feit dat ek die kroon van U skepping is nie.
Amen

Feite verkry uit Philip Yancey & Paul Brand se boek Na God se Beeld, bl 155 - 159.

10 comments:

  1. Elke keer is ek net weer van vooraf verwonderd om ons Pappa se detail en fyn beplanning. Het jy die video van Louis Giglio oor oa ons dna gesien?

    ReplyDelete
  2. Ongelooflik!!!! Ek sal daardie boek bietjie op my 'verjaarsdag lysie' sit! Dankie Nimsie

    ReplyDelete
  3. Hi Nimsi,
    Jy klinks soos 'n professor:0))

    Ja, dan is daar mense wat dink alles het maar sommer vanself tot stand gekom uit 'n eensellige organisme. Die Bybel sĂȘ God het ons fyn in ons moederskoot geweef.
    Hy het geweet presies waar om wat te plaas om die liggaam korrek te laat funksioneer. Ons dien 'n GROOT GOD!!
    Groete

    ReplyDelete
  4. Hello Sandra,
    nog nie die video gesien, maar gaan beslis soek vir dit en kyk.

    Pikkie,
    fantastiese boek om te lees!

    Oom Petrus,
    Hierdie hoofstuk in hulle boek was vir my n openbaring!

    Dankie vir julle inloer.
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. God is groot!! Hy slaan nogsteeds elke dag my asem weg!!

    Dan moet jy agter 'n teleskoop staan, Nimsi jy gaan nooit weer dieselfde wees nie. Dis onbeskryflik, jy voel of jy langs God sit!!!

    Ek het jou inskrywing baie geniet!!!

    ReplyDelete
  6. Hello Muriel
    Die natuur wonders nog altyd te "GROOT" vir my!
    Hoop dit gaan beter met jou ma?

    Nimsi

    ReplyDelete
  7. Asemloos staan mens!

    "Hoe groot is U, hoe groot is U...."

    ReplyDelete
  8. Nimsi ek het die blog van jou gecopy en paste sodat ek rustig dit kan bestudeer. Dit is ongelooflik en ek gaan beslis ook die boek aanskaf. Ek is een van die dae in Suid Afrika :-) soos jy weet

    ReplyDelete
  9. Charmaine,
    ek kan nie wag... is soos n klein stout dogterjie!
    Fantastiese boek!

    Nimsi

    ReplyDelete