Monday, April 20, 2009

Herfstyd

Die ooreenkoms wat daar tussen die seisoene en die lewensloop van die mens bestaan,
sit my elke herfs aan die dink...
Wanneer die dae stil word en die son by die noordvensters begin inskyn,
weet jy die herfs maak die blare los wat in die lente so groen geskyn het.
Die groen slaan oor in al die vuurkleure wat te bedinke is!

Herfstyd... vir my die mooiste tyd, herinneringstyd.
Dit is die natuur se tyd van salwing vir die menslike gees.
Herfstyd is soos die verposing voor elke afskeid, n tyd om vrede te maak met gister...
met vandag en met more...

9 comments:

  1. Pragtig geskryf Nimsi! Ek's mal daaroor as die bome se blare begin verkleur. Mens kom ook nou agter dat die son skerper is en op ander plekke in die huis begin inskyn.

    ReplyDelete
  2. Herfs is ook my gunsteling tyd van die jaar. Jy beskryf dit mooi Nims... en ons is mos nou in die herfs van ons lewe... dan moet ons dit geniet. Ek begin sommer vandag weer..

    ReplyDelete
  3. Pragtig!
    Ek is mal oor herfs kleure....

    ReplyDelete
  4. Thea, Charmaine en Zee,
    Herfstyd is vir my regtig so n mooi tyd van die jaar.
    Dankie vir julle kuiertjie.
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Wat 'n mooi possie!

    Ja, herfstyd is so ryk en sag.

    ReplyDelete
  6. Herfsaande of liewer vroeg aand is vir my mooi en ek hou van so 'n effense kouetjie. Mooi inskrywing Nimsi.

    ReplyDelete
  7. mariki
    vir my so n tyd om te koester, ou herinneringe, mooi gedagtes, spesiale mense.

    Sandra
    Die "crisp" oggende vir my so verfrissend.

    dankie vir julle inloer
    Nimsi

    ReplyDelete
  8. Baie mooi Nims

    Herfstyd maak my vreeslik emosioneel veral April.

    As dit hierdie tyd raak, veral 25 April dan kom daar die onthou.. en ek wil weghardloop vir myself...

    Ek sal jou nog eendag vertel Nimsi!!

    Dis koud vandag!! Kan ons nie asb nog bietjie reën kry voor die winter aanbreek nie!

    Lekker dag!!

    Liefde

    ReplyDelete
  9. Muriel
    by ons ook regtig koud vandag...
    sterkte vriendin, sal jou spesiaal by die Vader se voete gaan neersit op die 25ste.
    Nimsi

    ReplyDelete