Tuesday, April 14, 2009

Komplimente...

* "Dis n pragtige rok"
* " Jy is regtig talentvol"
* "Jy is regtig n besonderse mens, hoop jy besef dit"


Het jy al iets soortgelyks vir iemand gese, of is dit al teenoor jou kwytgeraak?
Kon jy onthou wat jou reaksie daarop was?
Het jy gebloos, gehakkel of met jou groottoon in die grond geboor soos Liewe Heksie?
Dis verbasend moeilik om lof met grasie te hanteer, of jy nou aan die gee - of - aan die ontvang kant is. En dis n groot jammerte!

Lof was deur die eeue heen n turksvy. In sommige beskawings was jy verplig om jou besittings te gee aan die persoon wat dit bewonder. By ander beskawings was dit weer gebruiklik om een kompliment met n ander te oortref... op die ou end darem n vreeslike vervelige en vermoeiende spulletjie!

Hoekom is iets wat teoreties so aangenaam behoort te wees so problematies in die praktyk?
Elkeen van ons hou tog daarvan as daar soms n bietjie lof na sy kant toe kom!


12 comments:

  1. Hallo Nimsi,
    Ja, hierdie een kan soms nogal 'n tamaletjie wees. Maklikste is gee aan niemand 'n kompliment nie, dan behoort jy ook nie van andere een te ontvang nie.

    ReplyDelete
  2. Dis waar dat ons nie baie goed is met komplimente met grasie aanvaar nie. Swak selfbeeld... so se mense ... en nodigheid om nederig te bly... se ander. Ek glo nie dat mens jouself moet afkraak in 'n poging om nederig te bly nie... so, ek stem saam met jou dat ons net mooi kan dankie se en dit koester en goed voel. Ai mens het dit mos nodig.

    ReplyDelete
  3. Ek's bly ek hoef nie my besittings weg te gee nie! Om komplimente te gee en te ontvang is rerig vir my moeilik. Hoekom weet ek nie... Ek is so bang ek klink onopreg of dat dit lyk asof ek vir komplimente visvang (is dit 'n anglisisme?). Jy is reg, dis lekker om waardeer te word. Maar op die ou end kom alle lof ons Skepper toe. Hoop jy het toe 'n baie verrykende paasfees gehad.

    ReplyDelete
  4. (((Oom Perus)))
    Dankie vir jou inloer.

    Charmaine
    Ek stem vriendin, almal van ons het soms nodig om te hoor ons is darem partykeer "oulik"

    Jan en Miekie
    Baie welkom hier by my, ja ek sou maar swaar aan daardie weggee komplimente gesluk het.
    Ja dankie my paasnaweek was heerlik.
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Hiers agteros ook. Ek dink juis omdat ons nie lekker komplimente ontvang kan hanteer nie, gee ons en ander moeilik. Ja alle eer vir ons Vader as "ons oulik is", maar ook 'n geleentheid om dit vir ander te se op reaksie op 'n kompliment, is dit nie?

    ReplyDelete
  6. Hallo weer, Nimsi!

    Ag, as 'n kompliment uit die hart uit kom, is dit soooo lekker (of dit nou gegee of ontvang word)!

    ReplyDelete
  7. Ek voel ook altyd half verleë as ek 'n kompliment ontvang. Maar ja, dit is 'n lekker gevoel om 'n kompliment te ontvang. En ek stem saam met Charmaine dat mens net mooi dankie kan sê, dit koester en goed voel daaroor.

    Ek dink net as jy 'n kompliment gee moet dit opreg bedoel word anders is jy vals.

    ReplyDelete
  8. Hie hie ek is baie lief vir komplimente, natuurlik bloos ek bloedrooi! My gesig tree dadelik met my haarkleur in kompetisie. Nie 'n mooi prentjie nie!

    Maar nogsteeds ek is mal daaroor, om dit te gee en te ontvang.

    Dis eindelik maklik ..... Want ek sien altyd mooi dinge en goeters raak!!

    ReplyDelete
  9. Hello Sandra
    Ja ek stem om n kompliment met grasie te kan ontvang beteken tog om dit in nederigheid ook te doen. x

    Mariki
    Uit die hart! dit is en bly die belangrikste.

    ReplyDelete
  10. Thea, vir my altyd moeilik om by jou blog weg te gaan sonder om n opregte kompliment te los! Dankie vir jou inloer en jy pak seker al vir die see.

    Muriel,
    ja die groot geheim is... om die mooi in ander raak te sien moet jy dit eerstens in jouself raaksien. xx

    ReplyDelete
  11. Ek weet jy bedoel dit altyd opreg Nimsi en baie dankie ook, ek waardeer dit ook opreg! :-)

    Nog nie begin pak nie, maar druk besig met al die voorbereidings. Vandag is dit 'n haarafspraak, die sleepwaentjie se lisensie gaan uitneem ens. ens. Moeder het alreeds die beskuit vir ons gebak.

    Gaan later in die dag weer hier kom inloer en kom kommentaar lewer by jou nuwe inskrywings. Moet nou hol!! Lekker dag vir jou!

    ReplyDelete
  12. Dieselfde Thea en sterkte... veral by die lisensie kantoor!

    ReplyDelete