Friday, April 17, 2009

Sommer net vir julle almal...

As jy huil... Roep my. Kan nie belowe om jou te laat lag nie, maar ek kan saam met jou huil.
As jy voel jy wil weghardloop - Moenie bang wees om my te roep nie. Ek belowe nie dat ek jou sal kan keer nie... Maar ek kan n ent saam met jou hardloop.


As jy voel jy is moeg geluister... roep my. Ek belowe om daar te wees vir jou. En ek belowe om doodstil te luister.
Maar as jy op n dag roep... En ek antwoord nie... Kom kyk gerus. Miskien het ek iemand nodig!

17 comments:

  1. Soek juis jou epos :-).

    Oulike post, dankie daarvoor.

    ReplyDelete
  2. Nou wonder ek of jy die Nimsie is wat al by my kom kuier het in die blik??? Nimsie as dit jy is, het ek jou nou net deur Sherlock Holmes taktieke opgespoor en as dit nie jy is nie sal ek seker maar om verskoning moet vra dat ek so inbreuk maak op jou privaatheid.
    Groete
    Pikkie

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi,
    Die end gedeelte is treffend. Baie dankie

    ReplyDelete
  4. Sandra,
    Stuur gou vir jou n posduifie na die adress op jou blog.

    Hello Pikkie.
    Jy mag maar weer jou Sherlock Holmes taktiek gebruik, soos jy kan sien ... dit werk! Welkom by my Pikkie ek kuier vreeslik lekker in jou blik!
    Nimsi

    ReplyDelete
  5. Hello Oom Petrus,
    Dankie dat ek gister jou oor papnat kon huil.
    Nimsi

    ReplyDelete
  6. Ag maar hoe lekker dans ek nou 'n tiekiedraai! Hieha.... Ek gaan baie lekker by jou kuier...

    ReplyDelete
  7. 'n Baie spesiale inskrywing. Wonder hoe sien ander my? Is ek ook daar vir hulle? Hoekom dink ek eers as dit te laat in die aand is om my vriende te bel?

    ReplyDelete
  8. Pikkie
    Welkom! Welkom!

    Jan en Miekie
    Dankie vir julle inloer, ja ons lewe is darem so n gejaag, myne al 10 voor 5 vanoggend begin...

    Lekker Naweek
    Nimsi

    ReplyDelete
  9. As jy so vroeg geroer het vanoggend, hoop ek jy is nou in droomland!

    Dis 'n pragtige possie!

    En sterkte met wat dit ook al is wat jou lewe tans omkrap, hoor.

    ReplyDelete
  10. Baie Dankie mariki
    My man se gesondheid sukkel n bietjie die laaste tyd - hy is n diabeet is so n maand of wat gelede deur bye aangeval +- 300 bye - al die steke gesweer, suiker buite beheer, bloedklont in regterbeen. suiker buite beheer... verlede naweek suiker van 21.6 gehad en moet tusse 4 en 8 wees. Hy pas nou maar self die insulien aan maar kry net die suiker weer terug na normaal nie - vanoggend weer 15.8.
    Nimsi

    ReplyDelete
  11. Nimsi

    Die foto's en woorde is so treffend! Ek kry sommer trane in my oë!

    Liefde
    x x

    ReplyDelete
  12. Hello Muriel
    Ja vriendin soms het ons almal maar tog ook iemand nodig ne!
    Lekker naweek vir jou
    Nimsi
    xx

    ReplyDelete
  13. Nimsie -- klaar vir jou gebid! Mag God uitkoms gee.

    Liefdegroete.

    ReplyDelete
  14. Nims, ek hoor jy het iemand nodig. Ek bid saam met jou dat jou man se suiker baie vinnig sal afkom na normaal. Baie sterkte vriendin. Ek kan dink dat mens op sulke dae voel om weg te hardloop. Liefde xx

    ReplyDelete
  15. mariki en Charmaine
    baie dankie ons wardeer die gebede,
    suiker is so n vernietigende siekte elke orgaan in die liggaam word daardeur geraak wanneer die suiker buite beheer is.
    Julle ook altyd in my gebede.
    Liefde
    Nimsi

    ReplyDelete
  16. Bid vir julle vriendin!! Sterkte!

    ReplyDelete
  17. Baie dankie Thea en GENIET die vakansie.
    Nimsi

    ReplyDelete