Monday, January 5, 2009

God se wonders

2008 was vir ons n MONSTER van n jaar! Ons het omtrent alles verloor! ons het vyf keer verhuis, ons motor het drie keer gebreek. Hier teen Desember was ons regtig MOEG, VUISVOOS EN VOETSEER!
Met groot verwagting het ons uitgesien na 2009...
Die eerste dag van die nuwe jaar begin toe al klaar sleg...
oppad huistoe van Oom Petrus en skoonsus af, na n geseende oujaarsnag diens en n heerlike nuwejaarsdag, raak ons kar aan die brand (nie vlamme, die drade het begin brand en rook) terwyl ons ry...

Gelukkig vir ons is skoonsus altyd meer as bereid om haar Tazz motortjie aan ons af te staan elke keer wanneer die oom se FORD besluit dit is nou sulke tyd... op n stadium toe ons nog in oom petus hulle se tuisdorp gebly het, het die mense gedink sy leen ons kar en nie ons haar kar nie!
En so bring sy maar toe weer Saterdag oggend die ou Tazz karretjie... en is skoonsus werklik in my lewe vir my een van God se wonders!

Ek slaap die laaste ruk vreeslik sleg en spandeer baie nagte op my ou balkonnetjie... so sit ek laasnag en blaai deur n hopie ou koerante wat ek nog bymekaargemaak het vir ons treke en kom ek op n Burger van 23Januarie 2007 af...

Daarin is n plakaat van die planete in ons sonnestelsel, asook een van die heelal. Toe ek die statestieke by hierdie twee plakate lees, het my verstand weer - soos gewoonlik wanneer ek met die feite van die hemelruim gekonfronteer word - gaan stilstaan. Ons sonnestelsel is gelee in die Melkweg wat uit sowat 100 miljard sterre bestaan= (100*1000 000 000). Hierdie melkweg is 10 000 ligjaar in deursnee! Die snelheid van lig is sowat 300 000 kilometer per sekonde.
Dit is eenvoudig menslik onmoontlik om die omvang van die heelal te visualiseer. HOE GROOT IS DIE GOD NIE WAT DIT ALLES GEMAAK HET EN ELKE DAG IN SY HAND HOU NIE!

Nie net het God die onmeetlike hemelruim geskep nie, maar hier op die wereld waarop ons woon het Hy ook verskillende dinge geskep wat so hemelsbreed van mekaar verskil dat hulle my net meer van sy grootheid bewus maak.
Hy het reusebergreekse gevorm, maar ook fyn skulpies en blommetjies wat so klein is dat ons hulle skaars met die blote oog kan sien en tog is elkeen van die klein skeppingswonders met groot presisie volmaak gemaak!
Ek het laasnag weer besef, ek mag nooit aan God se wonders gewoond raak nie! Ek mag nooit vergeet dat God besig is om met my te kommunikeer deur elke klein wonderwerkie wat hy in my lewe doen nie, deur elke opregte mens wat hy oor my lewenspad stuur nie!
Ek het laasnag weer besef dat ek nie langer mag vaskyk teen die oneerlike hartelose mense wat sonder skuldgevoelens van jou af wegloop en nooit weer dink aan jou wat sonder niks agterbly nie, wat nooit eers wonder hoe swaar die opstaan pad dalk vir jou is nie!
Ek moet dankbaar wees vir die wonders van God wat by my kom en se: ek deel dit wat ek het graag en in liefde met jou, want ek wil nie he dat jy moet swaarkry nie. Ek gee nie om vir n bietjie ongerief nie want dit is vir my belangrik dat dit met jou ook goed gaan!

Meer nog, dat die groot God wat die ontelbare planete en sterre, asook elke ding in die skepping gemaak het, vir my, totaal onbenullige mens, so liefhet dat Hy sy Seun stuur om in my plek te sterf!
Ek gaan my beslis daarop toele om fyner te kyk en op te let na die verskeidenheid wonders om my!

VADER-GOD,
DAAR IS NIE GENOEG WOORDE IN DIE WERELD OM
TE GEBRUIK OM MY LOF EN EER AAN U TE BRING NIE
U IS WAARLIK ONBESKRYFLIK GROOT!
AMEN

3 comments:

  1. Ag Nims, ons Here weet van elke ellende en huil saam met jou oor jou seer, maar dan is Hy ook die Een wat deur alles heen vertroos. Ek het jou op my daaglikse gebedslys gesit, hoor. God se genade, seën en heerlike teenwoordigheid vir jou en joue toegebid vir 2009.

    ReplyDelete
  2. Hello mariki, baie dankie, en n mooi en geseende jaar vir julle ook. Dankie vir jou gebede, ek wardeer jou!
    Nimsi

    ReplyDelete
  3. Hallo Nimsi, ek het nou net so lekker gelees aaan jou blog. Dankie vir jou kuier op my blog wat my die voetspoortjies tot hier kon laat loop. Mens kan vir mekaar preek, maar ons ken al die antwoorde... die ding is om soos jy aan Vader vas te hou, maak nie saak wat met en om ons gebeur nie. Hy sal ons nooit los nie.

    ReplyDelete